Vox Telecoms YahClick

Die naweeks se krametings

Die klubliga van die SWD Krieketraad word Saterdag voortgesit en met die provinsiale spelers almal die naweek beskikbaar kan ondersteuners hulself regmaak vir opwindende krieket. Dit is veral die wedstryd op Bridgton tussen Union Stars en George wat met groot belangstelling gevolg word. Union Stars, wat tans bo-aan die punteleer is, beskik oor verskeie provinsiale spelers in hul span terwyl George, wat derde op die punteleer is ook oor ‘n talentvolle span beskik.

Knysna Kavaliers speel op hul tuisveld teen Pacaltsdorp. Pacaltsdorp benodig ‘n oorwinning om hul kans vir ‘n plek in die semi-finaal lewend te hou terwyl ‘n oorwinning vir Knysna Kavaliers hul van die onderpunt van die puntelys sal weghou. Sussex pak Ramblers op D’Almeida en met Niel Bredenkamp en William Hantam wat vir Sussex speel sal Ramblers hulself regmaak vir ‘n opdraande stryd. Mosselbaai is die gunstelinge wanneer hulle Western Hope op die Bridgton Sportterrein aandurf.

Verskeie wedstryde is ook in die promosie-en reserweliga geskeduleer. Die liga’s is in die peilvak met die semi-finale wat op 12 en 19 Februarie gespeel word. Die volledige bepalings vir die naweek is:

Saterdag

Premierliga

Western Hope vs Mosselbaai (Moses Carolus & Neville du Plessis)
Union Stars vs George (Marshall May & Trevor van der Walt)
Knysna Kavaliers vs Pacaltsdorp (Faizel Samsoodien & Charles Carelse)
Sussex vs Ramblers (George Nieuweveldt & John Frans)

Promosieliga

Riversdal vs Hartenbos (Koos Smith & Andries Potgieter)
Pirates vs Pioneers (Stuart Donovan & Vincent Muller)
Blanco vs Melkhoutfontein (Gary Hockly & Otniel Le Roux)
Selbourne vs Dysselsdorp , Bongolethu vs Ladismith (R. Ewert & K. Ewert)

Reserweliga

Mosselbaai B vs Western Hope B (Reynier van Rooyen & Gawie Krige)
Pacaltsdorp B vs Ramblers B (Glen Mennie & Craig Zaaiman)
George B vs Blanco B (Ruth van der Merwe & Wynand de Ridder)

Sondag

Reserweliga

Union Stars B vs Union Stars C (Marshall May & Brendon Lawrence)
Bongolethu B vs Sussex B (Moses Carolus & Neville Du Plessis)
Knysna Kavaliers B vs Pirates B (Glen Hockly & Wilhelm Saunders)

Filed Under: Garden Route News

Tags:

About the Author:

RSSComments (0)

Trackback URL

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.