best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Advertise your business.  Post your CV.  Search job seekers

Die 28ste Hantam Vleisfees beloof om vanjaar ’n bielie van ’n fees te wees!

Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is almal en alles in en om die dorp in rep en roer wanneer die jaarlikse Hantam Vleisfees op 25 en 26 Augustus plaasvind!

Vanjaar vind dié fees vir die 28ste keer plaas en die hoofdoel daarvan is steeds, soos toe dit in 1990 alles begin het, om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Beslis ’n hoogtepunt op die kalender.

“Die 28ste fees gaan ten spyte van die droogte aangebied word en beloof weer eens om ’n bielie van ’n fees te wees, met heerlike skaapvleis, roosterkoek en eiesoortige vermaak soos het die Hantammers dit kan doen. Ons sien uit na nog ’n suksesvolle Hantam Vleisfees,” sê

Lizette Lambrechts van die Hantam Vleisfees.

Feesgangers kan vanjaar uitsien na nege van ons land se top kunstenaars, onder andere Brendan Peyper, Leah, Wicus van der Merwe, Die Klipwerf Orkes, Dillon Lerm, Christo en Cobus, Sam en Calla, Viljoen Retief en Armand Steenkamp.

“Dit sal my eerste keer by die Hantam Vleisfees wees. Ek sal graag sommer ’n lekker naweek van die fees wil maak en baie skaaptjoppies eet!” vertel Leah opgewonde.

Stalletjie-aansoeke vir vanjaar se fees is reeds oop en aansoeke om ’n stalletjie op te rig kan by Lizette Lambrechts gedoen word deur ’n e-pos te stuur na vleisfees@klk.co.za.

Om seker te maak dat jy nie vanjaar se fees misloop nie, kan jy jou verblyf bespreek op die Hantam Vleisfees-webblad. Daar is 19 gastehuise om van te kus en te keur. Kaartjies sal by die hekke beskikbaar wees op die dag van die fees en toegang sluit die vasdans en vertonings van kunstenaars in.

Besoek www.hantamvleisfees.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies sal slegs by die hekke te koop wees.

Bly op hoogte van die jongste Hantam Vleisfees-nuus op Facebook (https://www.facebook.com/CalviniaVleisfees/ ), Twitter (https://tweetdeck.twitter.com/ ) en Instagram (https://www.instagram.com/hantamvleisfees/).

Share Button

Filed Under: Press Releases

Tags:

About the Author:

RSSComments (0)

Trackback URL

Comments are closed.