Nieuwoudtville Slaghuis – Jou moet-stop slaghuis vir Braaidag

Nasionale Braaidag is ’n inisiatief deur Jan Braai (Jan Schannell), waar Suid-Afrikaners op Nasionale Erfenisdag, 24 September, die land se ryk erfenis en kultuur om ’n braaivleisvuur vier. Of dit nou chisa nyama, braai of ukosa genoem word, wanneer ons iets in Suid-Afrika vier, steek ons gereeld ’n vuur aan en berei ’n groot feesmaal voor.

Theunis Kotzé, eienaar van Nieuwoudtville Slaghuis, se gunsteling ding om te doen is om ’n vuur aan te steek na ’n lang dag. “Dit is maar net in ons Suid-Afrikaners se bloed,” sê hy. “Op Nasionale Braaidag word daar niks anders as ’n lekker skaaptjoppie of biefstuk gebraai nie.

 Theunis meen sy Hantam-skaapvleis is besonders om twee redes. “Eerstens, die egte Hantam-smaak wat verkry word vanweë die streek se unieke bossies wat die skape eet. Dit sorg tweedens daarvoor dat die vleis heerlik sag en sappig is, maar steeds ferm.”

 Vir Braaidag beplan hy self ook om ’n biefstuk op die kole te braai. “My gunsteling braaigereg is ons T-been biefstuk wat 21 dae verouder is en voorgesit word met ’n sampioensous.”

 Om die sampioensous voor te berei, maak ’n gewone witsous, maar voeg 250 gram pangebraaide sampioene en ’n eetlepel varsgekapte tiemie by sodra die witsous verdik het. “Braai die biefstuk in die vlamme, maar smeer hom vooraf goed met olie. Nie olyfolie nie, aangesien dit ’n baie lae kookpunt het. Gewone kookolie werk soos ’n bom. Voeg sout en peper by na smaak net voor die biefstuk van die rooster afgehaal word, en besluit maar self hoe gaar jy van jou biefstuk hou,” sê Theunis.

 

Maak dus seker jy bestel jou vleis vir Braaidag by Nieuwoudtville Slaghuis. Die slaghuis lewer elke Woensdag op Vanrhynsdorp, Vredendal en Klawer af. Hulle het ook elke week spesiale aanbiedinge.

 

Vir meer besonderhede oor Nieuwoudtville Slaghuis skakel Theunis Kotzé by (027) 218 1007 of gaan na hulle hulle Facebook (@nieuwoudtvilleslaghuis) of Instagram-blad (@nieuwoudtvilleslaghuis).

Share Button