best magento templates for your store designed by zingthemes.com, vietnam visa services, vietnam visa home, vietnam visa trip, magento templates, best magento templates for your store, bestmagento templates, 2 cong ty bao ve, 2 dich vu bao ve, 2 bao ve, thoi trang, thoi trang, website chinh phu viet nam, cong thong tin chinh phu viet nam gia vang hom nay, web design blog tin tuc, suc khoe doi song, tin tuc moi online, tin moi 360, tin tuc online, giai tri 24h thiet ke website, thu thuat cong nghe, thoi bao cong nghe, dien thoai sky gia re, magento themes, euthemes.com, themetalent.com, wpdance.com

Advertise your business.  Post your CV.  Search job seekers

Idma@Kapel die perfekte venue vir jou droomtroue

Dis trouseisoen en Idma@Kapel weet dat die reëlings vir ’n perfekte troue met baie stres en harde werk gepaard gaan. Terwyl jy soek na die beste trouvenue, hoekom nie soek na ’n plek wat vir jou meer as net ’n venue kan bied nie?

Jy benodig diens waarop jy kan staat maak. Idma@Kapel verseker professionaliteit, gasvryheid en is ten volle toegerus om jou droomtroue ’n realiteit te maak.

Idma@Kapel is geleë op die plaas Kapel net buite Vredendal. Dit is bekend vir sy pragtige natuurskoon en prentjiemooi uitsig op plase wat die Olifantsriviervallei omring. Jy, jou lewensmaat en gaste sal die idilliese atmosfeer geniet en vinnig van die gejaag van die lewe vergeet.

As jy verkies om ’n binnenshuise onthaal te hê, sal die Idma@Kapel-saal wat om en by 130 gaste akkomodeer, ’n knus en liefdevolle sensasie bied. Vir ’n buitelug-element, kan jy ook kies om gebruik te maak van die tent wat 250 gaste akkommodeer.

Idma@Kapel bied dus nie net hul venue aan nie. Mede-eienaar Marinda Teubes en haar span is opgelei in kookkuns om spyseniering uit die boonste rakke te verskaf. Merk elke opdrag op jou “moetdoen-lysie” af, want Idma@Kapel sorg vir van die klanktoerusting, die musiek tot selfs die dekor!

Moet jou dus nie bekommer oor linne, tafels, stoele en breekware nie. Idma@Kapel kan alles verskaf, wat vir jou as troupaartjie ’n rustiger gemoed sal skep met die beplanning van die troue. Daar is ook veilige en gratis parkering vir gaste.

Idma@Kapel beloof ’n trou-ervaring wat altyd onthou sal word. Met hul kennis, vaardigheid en oog vir detail is hul toegewyd om jou spesiale dag die mees vreugdevolle, stresvrye en onvergeetlike geleentheid te maak.

Om jou groot dag by Idma@Kapel op papier te bevestig, skakel gerus 027 216 1419 of stuur ’n e-pos aan idma@mylan.co.za. Besoek hul webtuiste by www.idma.co.za of hul Facebook-blad by www.facebook.com/idmakapel/. Jy kan hul ook volg op Twitter by @IdmaKapel of op Instagram by @idmakapel.

Share Button

Filed Under: Press Releases

Tags:

About the Author:

RSSComments (0)

Trackback URL

Comments are closed.