Die omstrede AltX-genoteerde Pinnacle Point het gister die eerste maatskappy geword waarvoor ‘n ondernemingsredding onder die nuwe Maatskappywet toegestaan is.
Die bevel vir die ondernemingsredding is in die Wes-Kaapse hooggeregshof deur waarnemende regter Owen Rodgers toegestaan.
Die maatskappy was bekend vir sy gholflandgoedere soos die Pinnacle Point-landgoed by Mosselbaai.
Mnr. Michael John Lane, ‘n likwidateur, is as die ondernemingsreddingspraktisyn aangestel.
Adv. Leon Kuschke vir die applikant het gese Pinnacle Point is ‘n maatskappy in ‘n finansiele verknorsing soos wat deur die wetgewing bedoel word.
Die aansoek vir die ondernemingsredding is deur Cape Point Vineyards ingedien as aandeelhouer van Pinnacle Point.
Mnr. Sybrand van der Spuy, besturende direkteur van Cape Point Vineyards, het in sy ondersteunende beedigde verklaring aangevoer daar is ‘n ‘redelike kans’ dat Pinnacle Point gered kan word.
Hy hoop ‘n projek van Pinnacle Point in Nigerie kan van die grond af kom.
Van die ondernemings van Pinnacle Point in Suid-Afrika is volgens hom onredbaar. Likwidasie-aansoeke is al vir filiale van die genoteerde maatskappy gebring deur banke wat verbande aan hulle toegestaan het.
Uit die hofverrigtinge het dit geblyk nog baie onsekerheid bestaan oor hoe die dele van die wet oor ondernemingsredding ge´nterpreteer moet word.
Kuschke se betoog is kort-kort onderbreek om naslaanwerk te doen oor aspekte van die wet waaroor vrae gehang het.
Rodgers het gewroeg oor hoe koste toegestaan moet word. Hy het gese vreemd genoeg is daar niks in die wetgewing wat die hof die mag gee om ‘n bevel daaroor toe te staan nie.
Kuschke het gese as die hof nie daaroor ‘n bevel kan gee nie, sal daar nie ôwit riddersö na vore kom om ‘n aansoek in te dien vir ‘n ondernemingsredding nie.
Die regter het uiteindelik uitspraak daaroor voorbehou.
Daar is ook kopgekrap oor die kwessie vanaf watter datum ‘n redding geld. Rodgers het nie in sy bevel duidelikheid daaroor gegee nie.
Rodgers het vrae gehad oor hoe die aandeelhouers van Pinnacle Point oor die aansoek ingelig is. Hy het gemeen ‘n Sens-verklaring daaroor is nie genoeg nie.
Hy het beveel dat aandeelhouers ook via e-pos ingelig word en dat die bevel binne vyf dae in die Business Day gepubliseer word.
Die aansoek is op ‘n dringende grondslag gebring.
Van der Spuy se regsverteenwoordigers het aangevoer dit is omdat ‘n verlenging van okkupasieregte op ‘n stuk grond in Lagos in Nigerie waar die ontwikkeling plaasvind op 4 Augustus verval.
Kuschke het aangevoer die aansoek is in die openbare belang omdat duisende klerewerkers se aftreegeld in Pinnacle Point bele is.
Die likwidasie-aansoek wat deur die maatskappy Atvantage vir Pinnacle Point gebring is, is intussen onbepaald uitgestel.
‘n Likwidasieproses word vir eers teruggehou vir die tydperk van ‘n ondernemingsredding.
Van der Spuy is verteenwoordig deur mnr. Craig Assheton Smith van die prokureursfirma Glyn Marais. Adv. Andre Ferreira het saam met Kuschke verskyn.