SWD Eagles Coach’s Corner

Ons behaal ons derde agtereenvolgende oorwinning teen die Valke. Die span het uitstekende rugby die eerste helfte van die wedstryd gespeel. Ongelukkig kon net drie punte in die tweede helfte aangeteken word. Dit was teleurstellend dat ‘n vierde drie (vir ‘n bonuspunt) nie aangeteken kon word nie. 

‘n Reuse terugslag het die span getref met die skouerbesering van Lyndon Hartnich, vroeg in die eerste helfte, wat hom gedwing het om die veld te verlaat. 

Die volgende toekennings is gemaak: 

Speler van die wedstryd – Elric van Vuuren 

Beste voorspeler – Anton vd Westhuizen 

Beste agterspeler – Antonie Bestwick 

Meeste punte – Elric van Vuuren 

Waardevolste speler – Braam Immelman 

‘n Baie moeilike wegwedstryd wag op ons eerskomende Vrydag teen die Boland, wat tans baie goeie en aanvallende rugby speel. Die uitdaging gaan wees om die gang van die wedstryd vir 80 minute te beheer. Die Boland is meesters daarin om foute en die gebrek aan konsentrasie uit te buit en in punte te omskep. 

Johan Lerm

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →