SWD Rugbynuus

EAGIRLS ADVANCE TO SEMI FINALS 

The SWD Eagirls beat the Cheetas womens’ team 25-6 to end the league games top of the log in the Currie Cup A division. The Eagirls play the EP womens’ team in the semi final in George next week, details will be published and announced on Eden FM.

Well done to the Eagirls, they are the pride of the SWD. 

COACH’S CORNER 

Na drie agtereenvolgende oorwinnings word ons geklop deur ‘n Bolandspan wat op volle sterkte was en baie goed saamgespeel het. Die nie-beskikbaarheid van Wilhelm Koch (Kaptein), Lyndon Hartnich, Kempie Rautenbach en Connie Botha was ‘n groot terugslag vir die span. . Een of twee beserings aan sleutelspelers het ‘n groot invloed op die span se spelpeil. Daar moet egter onthou word dat ons in ‘n spanbou proses is. Die ervaring wat hierdie relatief “jong” span opdoen gaan in die jaar of twee wat voorlê baie werd vir ons spelers wees. 

Elric van Vuuren het weer ‘’n baie goeie vertoning gelewer en het die tweede agtereenvolgende wedstryd geen skop na die pale gemis nie. 

Eerskomende Vrydag speel ons teen die onoorwonne voorlopers in die kompetisie – EP Kings. Wilhelm Koch (Kaptein) en Kempie Rautenbach (senter) behoort fiks vir die wedstryd te wees. Ons benader die wedstryd positief en gaan hard werk om goeie eerstefase besit te kry en sodoende ons spelstrukture in werking te stel. Ons besef dat dit ‘n baie moeilike wedstryd gaan wees, maar ons sal gereed wees om ons bes te doen.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →