‘n Proestraat waar jy kan eet

So vertel my skoonma vir my van ‘n program op die skottel met die naam Proestraat. Sy brei nie vreeslik uit nie, maar dit klink vir my ligweg na ‘n kosprogram en as aspirant kok en kosliefhebber, neem ek stelling in voor die kassie en maak my reg vir inspirasie (ek weet hoeka nie wat ek vanaand gaan maak om te eet nie). Wat ‘n telleurstelling toe ek my vaskyk in ‘n kombuis waar niks kos gemaak word nie; net grappe. 

Onvervuld en ongeïnspireerd pluk ek my kopie van die George Herald nader en daar, lewensgroot, ‘n storie van ‘n proestraat in George op 16 en 17 September by PW Botha College. Dit word wel nie ‘n proestraat genoem nie, maar Cuisine du Terroir. Die uiteinde is egter dieselfde maak nie saak in watter taal dit is nie. Proe, gaan daar geproe word van die lekkerste disse en wyne in die Suid-Kaap. My mond water. 

Die eerste Garden Route on a Plate made possible by Margot Swiss International, breinkind van ons eie boesemkind, die nimlike François Ferreira, gaan inwoners van die Tuinroete behoorlik bekoor word deur die geure, kleure en smake wat opgedis word by hierdie smulpaap fees. Met ’n feestent  met  kuier areas, musiek en die beste van die Tuinroete se smake gaan vir seker in selfs die knorrigste kenner se smaak val. Die Cuisine du Terroir wat in die volksmond vinnig vertaal word na “kos van die aarde” is ‘n spesiale proestraat tussen al die feestelikheid deur wat eg Suid-Afrikaanse disse van Breyani tot Melktert, pap en sheba tot afval gaan voorsit.   

En vir die van ons wat nog altyd aan die hand van ‘n professionele sjef die fynere kunsies van kook wou leer is daar ook werkswinkels aangebied deur onder andere Dario Soresi (La Locanda), Karen du Plessis (Unilever) en ook François self. Daar sal ook werkswinkels oor Brandewyn, Port en die geheime van wynkultivars aangebied word deur ondermeer Meyer Joubert van Joubert Tradouw in Barrydale.  

Deelnemende restaurante sluit Transkaroo, Chef Alma, La Locanda, Top 2 Cate

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →