SWD Rugbynuus

KLUB FINALE 

Baie geluk aan Progress wat die nuwe Premier liga klub kampioene van die SWD is. Saterdag was n uitstekende dag op n stampvol Outeniqua Park in n uitstekende vertoonvenster vir rugby in die SWD. 

In die Presidentsliga is All Blacks van Oudtshoorn as die nuwe kampioene gekroon. 

COACH’S CORNER 

Ons is baie teleurgesteld oor die uitslag van die wedstryd, veral omdat ons meer as 70% balbesit gehad het en nie kon afrond nie. 

Ons posisie op die punteleer is steeds gunstig en indien ons die Griffons Vrydagaand wen, maak ons seker van ‘n plek in die semi-finaal. Die afrigtingspan het ‘n erns met hulle taak en het reeds vandag ‘n werksessie gehad ten einde die week te beplan en die span op die bes moontlike wyse voor te berei vir die wedstryd teen die Griffons. 

Die twee Griekwasspelers (Logan Basson en Jaco Nepgen) sluit hulle weer Dindag by die span aan en die oefensessie van Dinsdagmiddag word verskuif na Dinsdagaand ten einde hulle in staat te stel om ten minste drie keer saam met die span te oefen. 

Ons sien uit na n goeie wedstryd Vrydagaand en vra dat die toeskouers ons kom ondersteun, dit gee die span daardie iets ekstra!

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →