Goeie nuus vir Langkloof se vrugteboere

Pienk en wit bloeisels tooi die Langkloof. Foto: ALANI JANEKE

Vier jaar van swaarkry met vloede, droogtes en skade aan oeste en bome het vrugteboere in die Langkloof nou rede tot vreugde. 

Die streek het sedert ‘n erge vloed in 2007 verskeie terugslae ervaar, waarvan een ‘n droogte van twee jaar was. 

‘Dit was die ergste droogte in die Oos-Kaap in menseheugenis,’ vertel mnr. Andre de Wit, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging. 

Die vloed van 2007 het gevolg ‘n 560 mm reen binne 18 uur in die distrik geval het. De Wit se die feit dat die vrugtebome vir dae aaneen in water gestaan het, het skade aan die bome se wortels veroorsaak. 

Dit is vermoedelik een van die grootste redes vir die klein oeste en klein vrugte wat die bome in die daaropvolgende jare gelewer het. ‘Die droogte het ook daartoe bygedra.’ 

Hy se tussen die rampe deur is die boere telkemale deur skade met laat ryp en hael getref, terwyl hulle steeds wag op ramphulp vir die vloed van die staat af. 

Verligting

Volgens De Wit verwag hulle dat vanjaar vanwee verskeie faktore ‘n uitstekende oes gaan lewer. ‘Ons is baie opgewonde en hoopvol oor die komende oes. Die eerste pere, perskes en pruime lyk besonder goed! Ons kan nou al sien, soos die bloeisels afval, die bome het ‘n goeie vrug-set,’ verduidelik De Wit. 

Die vooruitsig word toegeskryf aan die feit dat die distrik se damme weer vol is en genoeg water in die grond voorkom. Vrugknop-ontledings dui ook aan dat die bome se vrugbaarheid tans hoog is. 

‘Die feit dat ons die beste winterkoue in die afgelope twee dekades die afgelope winter gehad het, is ‘n derde belangrike bydraende faktor,’ vertel De Wit. 

De Wit se volgens die Richardson-stelsel vir die meting van koue-eenhede het die streek die afgelope vier jaar gemiddeld 800 koue-eenhede gemeet. 

‘By my hier op Misgund het die afgelope winter se meting op 1 280 eenhede te staan gekom.  Statistieke van oor die jare heen het al aangedui dat jy met so ‘n koue winter ‘n oes van sowat 20% groter as die gemiddelde van die vorige vyf jare se oeste kan verwag. So, ons het rede om te juig!’ 

Sterk rand

Een faktor wat wel ‘n bron van kommer is, is die vertoning van die rand teen die dollar. De Wit se sowat 70% van die distrik se vrugte word uitgevoer, en ‘n ongunstige rand-dollarwisselkoers verwring die uitvoerinkomste deur pryse te be´n vloed. 

‘Ten spyte hiervan is ons optimisties, en ons hoop nog steeds dat ons staatshulp vir die vloedskade gaan ontvang,’ aldus De Wit.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →