T20 KOMPETISIE: OPGESOMDE TELKAARTE – 24 September 2011
28 September 2011
Die opgesomde telkaarte is:
Union Stars vs Calitzdorp
Union Stars 218/4; Calitzdorp 60/8
Union Stars wen met 158 lopies
Labour Partners Ramblers vs Hartenbos
Labour Partners Ramblers 149; Hartenbos 48
Labour Partners Ramblers wen met 101 lopies
Hartenbos vs Bongolethu
Hartenbos 134/9; Bongolethu 136/4
Bongolethu wen met 6 paaltjies
Bongulethu vs Labour Partners Ramblers
Bongulethu 91/8; Labour Partners Ramblers 92/2
Labour Partners Ramblers wen met 8 paaltjies
Light-Be Pacs-United vs NMMU Madibaz
NMMU Madibaz 169/5; Light-Be Pacs-United 132/7
NMMU Madibaz wen met 37 lopies
NMMU Madibaz vs Blanco
NMMU Madibaz 264/3; Blanco 55/9
NMMU Madibaz wen met 209 lopies
Sussexvs Riversdal
Riversdal 48/9;Sussex52/2
Sussexwen met 8 paaltjies
Riversdal vs Melkhoutfontein
Riversdal 80; Melkhoutfontein 63
Riversdal wen met 17 lopies
Sport Centre George Excaliburs vs Mayflower
Sport Centre George Excaliburs 155/5; Mayflower 84
Sport Centre George Excaliburs wen met 73 lopies
Mayflower vs Thembalethu
Mayflower 101; Thembalethu 102/7
Thembalethu wen met 3 paaltjies
Thembalethu vs George Excaliburs
Sport Centre George Excaliburs 156/8; Thembalethu 116/3
Sport Centre George Excaliburs wen met 40 lopies
Knysna Cavaliers vs Pioneer Dare-Devils
Knysna Cavaliers 148/1; Pioneer Dare-Devils 116
Knysna Cavaliers wen met 32 lopies
Pioneer Dare-Devils vs Eden Pirates XI
EdenPirates XI 129; Pioneer Dare-Devils 99/7
Eden Pirates XI wen met 30 lopies
Eden Pirates XI vs Knysna Cavaliers
Knysna Cavaliers 94/8;EdenPirates XI 100/2
Eden Pirates XI wen met 8 paaltjies
Harlequins vs Selbourne
Selbourne 111/8; Harlequins 113/9
Harlequins wen met 1 paaltjie
—————————————
Die eerste T20 wedstryd in gekleurde klere, ‘n wit bal en swart sigskerms vind Sondag op die REC in Oudtshoorn plaas. Die SWD pak KwaZulu Natal Binneland in die eerste Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks T20 wedstryd van die seisoen.
Op die foto is ses van die spelers saam met die afrigter, Garry Hampson (regs agter) in hul nuwe uitrusting. Die spelers is (agter): Brendon Louw, Ross McMillan (kaptein) en Christiaan Jonker. Voor is Pieter Stuurman, Wessel Hartslief en Burton de Wett. Spel begin Sondag om 11:00 en toegang is gratis.
—————————————
SWD PROVINCIAL SQUAD FOR 2011/12 SEASON
The SWD squad for the 2011/12 season is: Back Row:Burtonde Wett, Garry Hampson (coach), Rian Botha, Ross McMillan (captain), Christiaan Jonker, Christo van Schalkwyk, Waldo Lategan, Sammy-Joe Avontuur, Gurshwin Rabie (vice-captain), Erinn Ewerts, Lyndon Volkwyn, Wessel Hartslief and Kobus Scholtz. Front Row: Merlin Masimela, Brendon Louw, Justin Jordaan, Paphama Fojela, Mpho Silowa, Douglas Baartman and Pieter Stuurman
—————————————
PROFILE (SWD PLAYER)

Een van die verlore seuns van SWD Krieket, Waldo Lategan, is terug in die provinsie waar hy sy krieket leer speel het. Lategan het ‘n kontrak met die SWD gesluit en hy sal die 2011/12 seisoen sy talente vir die Suid-Kapenaars ten toon stel. Lategan het in 2007 geskiedenis gemaak toe hy die eerste speler uit die SWD geword het om vir die SA Skole-span gekies te word. Hierdie prestasie was ongetwyfeld ‘n hoogtepunt in sy loopbaan.
Hy het SWD reeds van O/13 vlak verteenwoordig en het die SWD o/19 span in 2006 en 2007 op die Coca Cola Khaya Majola week verteenwoordig. Die paaltjiewagter/kolwer, wat aan die Hoërskool Oudtshoorn gematrikuleer het, het reeds as skoolseun in die 2006/07 seisoen sy eersterangse debuut vir die SWD gemaak.
Na skool het jy aan die Universiteit van die Vrystaat inBloemfonteingaan studeer waar hy die Vrystaat as aanvangskolwer verteenwoordig het. Dit is hier waar sy loopbaan werklik momentum gekry het en hy skryf ‘n groot rede vir sy sukses toe aan die oud-Protea kolwer, Rudolph Steyn, wat sy afrigter in die Rosestad was. Hy sonder egter ook sy SWD skole afrigter en deesdae Bestuurder Amateurkrieket by die SWD Krieketraad, Johan Weyers, uit as een van die mentors in sy loopbaan.
Sy moeilikste opponent is die Highveld Lions se snelbouler, Craig Alexander terwyl die Aussie kolwer/paaltjiewagter, Adam Gilchrist, sy groot held is. Sy gunsteling speelveld is Nuweland en dit sy persoonlike ambisie is om vir homself ‘n franchise kontrak oop te speel. Lategan, wat ook die SWD-skole rugbyspan op senter verteenwoordig het, het die afgelope Engelse somer vir die klub Marehay in Derbyshire gespeel.
————————————————-
UMPIRE ACHIEVEMENT
Mr Faizel Samsoodien (centre), who will officiate in his first provincial match this weekend pictured with two international umpires Shaun George (left) and Karl Hurter (right).
—————————————————–
SWD KRIEKET SE EERSTE GROTE VIR DIE NUWE SEISOEN

Die krieketspan van die SWD skop die 2011/12 seisoen hierdie naweek af wanneer hy KwaZulu Natal Binneland vanaf Donderdag op die REC in Oudtshoorn pak. Met die verhoogde status agter hul naam gaan spanne hierdie seisoen op hul heel beste teen die Suid-Kapenaars wees en ‘n taai stryd word verwag.
Die oud-Noordwes middelkolwer, Christiaan Jonker is die enigste nuweling in die SWD-span terwyl Waldo Lategan na drie seisoene weer sy terugkeer tot die SWD-span maak. Afrigter, Garry Hampson, is vol vertroue dat sy span goed sal vaar en dat die voorbereiding die afgelope twee weke ook goed verloop het. Die besoekers vanaf Pietermaritzburg se span was nog nie teen druktyd bekend nie maar hulle gaan beslis ‘n uiters gedugte span na Oudtshoorn stuur. Die Suid-Kapenaar sal veral ligloop vir Glen Addicot wat die SWD verlede seisoen behoorlik met die kolf kasty het.
Groot opwinding word Sondag verwag wanneer die eerste T20 formaat wedstryd tussen die twee spanne beslis word. Die wedstryd word in gekleurde klere, met ‘n wit bal en voor swart sigskerms beslis. Hierdie wedstryd, wat om 11:00 begin en tot 14:00 duur behoort vir groot opwinding te sorg. Die keurders het ook die span vir die T20 wedstryd gewysig en sogenaamde spesialiste soos Kobus Scholtz en Erinn Ewerts sal vir hierdie wedstryd in aksie wees.
Die volledige SWD-span vir die driedaagse wedstryd is: Ross McMillan (kapt), Sammy-Joe Avontuur, Burton de Wett, Christiaan Jonker, Waldo Lategan, Pieter Stuurman, Brendon Louw, Wessel Hartslief, Paphama Fojela, Lyndon Volkwyn en Gurshwin Rabie. Vir die T20 wedstryd maak Avontuur, Fojela en Volkwyn plek vir Christo van Schalkwyk, Erinn Ewerts en Kobus Scholtz.
Christiaan Jonker wat die naweek sy debuut vir die SWD maak