De Wet skitter in SWD krieket sege oor KZN Binneland

Burton de Wet

Die SWD krieketspan het die nuwe seisoen op ‘n hoogtepunt afgeskop toe die Suid-Kapenaars KwaZulu-Natal Binneland op die REC in Oudtshoorn met 70 geklop het in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks se driedaagse kompetisie. Dit is presies wat afrigter Garry Hampson en die ondersteuners van die span verwag het. Hoewel dit ‘n skitterende spanpoging was, was die oud-Warrior speler Burton de Wett, die uitstaande speler in sy span se oorwinning. De Wett het ‘n honderdtal en vyftigtal behaal en ook met die bal uitgeblink en nege paaltjies in die wedstryd platgetrek. Dit was de Wett, wat in sy 72ste eersterangse wedstryd gespeel het, se sesde honderdtal. 

KZN Binneland, wat die loot gewen het, het SWD ingestuur om eerste te kolf en die SWD kolwers het hul behoorlik laat geld en hul eerste beurt op 367/5 gesluit verklaar. De Wett (103; 124 balle, 2×6, 17×4) is goed bygestaan deur Christiaan Jonker (70; 104 balle, 10×4), Waldo Lategan (65; 101 balle, 3×6, 6×4) en Brendon Louw (67*; 82 balle, 3×6, 7×4). 

Die vennootskap tussen de Wett en Jonker om die derde paaltjie was 131 lopies (100 minute) KZN Binneland, wat vroeg in die moeilikheid was op 2/2, het egter danksy honderdtalle deur Glen Addicot (115; 250 balle, 1×6, 1×4) en Kyle Nipper (112; 158 balle; 2×6, 14×4) 297 behaal. Vir SWD, wat ‘n eerstebeurt voorsprong van 70 gehad het, was Wessel Hartslief (2/32), Ross McMillan (2/30) en De Wett (5/76) die beste boulers. 

In SWD se tweede kolfbeurt het kolwers weer uitgeblink en het hulle die beurt op 213/3 gesluit verklaar. De Wett (55; 120 balle, 5×4), Jonker (78*; 123 balle, 2×6, 4×4) en Lategan (39*; 35 balle, 1×6, 5×4). KZN Binneland, wat die taak gelaat is om 284 in 68 boulbeurte te behaal, was danksy puik kolfwerk deur Addicot (59; 66 balle, 2×6, 10×4) en Stephan Myburgh (47; 40 balle, 1×6, 8×4) met hul telling op 151/3 (na 29 boulbeurte) op die wenpad. McMillan het egter van beide die gevaarmanne ontslae geraak en die SWD het beheer van die wedstryd oorgeneem. Die besoekers kon ook nie die dreigende swak lig ontwyk nie en hulle is vir 213 lopies uitgeboul. De Wett (4/58), was weer die mees suksesvolle bouler. Hy is goed bygestaan deur Hartslief (2/35) en McMillan (2/33)

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →