SWD Krieketnuus

SWD 0/19’S PAK WP DIE NAWEEK 

Die SWD O/19 krieketspan begin hierdie naweek hul verpligtinge in die Krieket Suid-Afrika O/19 Driedaagse kompetisie wanneer hulle die Westelike Provinsie vanaf Vrydag op die velde van Bellville Krieketklub in Kaapstad pak. 

Die SWD het verlede seisoen vir ‘n groot opskudding gesorg toe hulle die SWD in Oudtshoorn geklop het en die Suid-Kapenaars sal graag op hul suksesse wil voortbou. Die SWD span, wat deur Vernon Seconds afgerig word sal swaar steun op spelers soos Kobus Scholtz (kaptein), Lyrique du Plessis, James Marais, Jeandre Rudolph en Marcello Piedt. Hulle het verlede seisoen reeds vir die SWD 0/19’s gespeel. 

Die SWD-span is Bradley Carolus, Gurshwin Sparks, Aldin Daniels, Kobus Scholtz (kaptein), Lyrique du Plessis, Ruan Stander, Jeandre Rudolph, James Marias, Marcello Piedts, Josh Pieters, Josh Pieters, Otniel Baartman en Lance Roelfse (12de man) 

PREMIERLIGA AKSIE IN SWD KRIEKET

Sussex, Union Stars en Knysna Kavaliers was die naweek aan die wenkant in die eerste reeks wedstryde in die SWD Krieketraad se premierliga kompetisie. Sussex (173/7) het Ramblers (109 almal uit) verrassend maklik met 64 lopies geklop terwyl Knysna Kavaliers wat slegs 105 lopies kon aanteken vir Pacaltsdorp United (97 almal uit) naelskraap met 9 lopies verslaan het. 

Die verdedigende kampioen, Union Stars het op sy tuisveld ‘n reuse beurttotaal van 344/9 opgestapel en George daarna vir slegs 160 lopies beperk vir ‘n oortuigende oorwinning van 184 lopies. 

Die opgesomde telkaarte is: 

Ramblers teen Sussex

SUSSEX 173/7 (Jemaine Jeona 50*, Mpo Selowa 33, Emile Esau 27*, Donovan Stripp 2/13, Nolan Booysen 2/36)

RAMBLERS 109 (Danie Koert 41, Nolan Booysen 20, Arthur Lottering 18, Reavan plaatjies 4/27, Craig Thanna 2/24, Wayne de Jager 2/37)

Sussex wen met 64 lopies 

Union Stars vs George

UNION STARS 344/9 (Marcello Piedt 85*, Rhupino Plaatjies 51, Devandre Carolus 47, Erinn Ewerts 37, Byron Haycock 4/42, Danie Liversage 2/52, Zibi Stegman 2/63)

GEORGE 160 (Zibi Stegman 26, Marlo Pienaar 26, Wim Basson 25*, Douglas Baartman 4/26, Rhupino Plaatjies 1/10, Mario Jansen 1/16)

Union Stars wen met 184 lopies 

Pacaltsdorp United teen Knysna Kavaliers

KNYSNA KAVALIERS 106 ( Byron Jantjies 19, Jade Lawrence 13, Ruall de Reuck 2/17, Roger Willeman 2/27 )

PACALTSDORP 97 (Danzil Mannerville 41, Brendall Carelse 25, Jaco Fourie 3/17, Francios Bonthuys 3/19, Rudolph Gerber 2/18, Byron Jantjies 2/24)

Knysna Kavaliers wen met 9 lopies 

UITSLAE IN PROMOSIE- EN RESERWELIGA (SWD KRIEKETRAAD)

Die Promosie- en Reserweliga van die SWD Krieketraad het die naweek afgeskop. Pirates United, Bongolethu, Mayflower, Thembalethu en Heidelberg was almal aan die wenkant in die Promosieliga. Geen van die wedstryde wat Sondag moes plaasvind kon as gevolg van nat toestande gespeel word. 

Die opgesomde telkaarte is: 

PROMOSIE LIGA

Pirates United teen Blanco

PIRATES UNITED 266; BLANCO 91

Pirates United wen met 175 lopies 

Selbourne teen Bongolethu

BONGULETHU 223; SELBOURNE 148

Bongolethu wen met 75 lopies 

Mayflower teen Calitzdorp

CALITZDORP 66; MAYFLOWER 69/6

Mayflower wen met 4 paaltjies 

Thembalethu teen Hartenbos

THEMBALETHU 205; HARTENBOS 198

Thembalethu wen met 7 lopies 

Heidelberg teen Melkhoutfontein

HEIDELBERG 202; MELKHOUTFONTEIN 190

Heidelberg wen met 12 lopies 

NMMU teen Dysseldorp

Geen uitslag as gevolg van reën

 RESERWE LIGA

Pirates B teen Knysna Kavaliers B

Geen uitslag as gevolg van reën 

George B teen Thembalethu B

Geen uitslag as gevolg van reën 

KLUBKRIEKET DIE NAWEEK

Die tweede reeks westryde in die Premierliga van die SWD Krieketraad word hierdie naweek afgehandel. George speel op sy tuisveld teen Ramblers, Sussex pak Knysna Kavaliers op D’Almeida terwyl Mosselbaai en Pacaltsdorp United sake op die Van Riebeeckstadion gaan uitspook. Die SWD-senior span is nie die naweek in aksie en alle provinsiale spelers sal dus vir hul klubs beskikbaar wees. 

‘n Reeks wedstryde in die Twintig20 kompetisie word ook Sondag op die Van Riebeeckstadion gespeel. Die volledige bepalings is: 

SATERDAG 

Premierliga

George vs Ramblers, Sussex vs Knysna, Mossel Bay vs Pacaltsdorp 

Promosieliga

Riversdal vs Thembalethu, Heidelberg vs Blanco,Pirates vs Hartenbos, Dysselsdorp vs Bongolethu, Selbourne vs Calitzdorp, NMMU vs Ladismith 

Reserweliga

Pacaltsdorp vs George, Ramblers vs Knysna, Bongolethu vs Union Stars 

Vroueliga

George vs SWD U/18, Mossel Bay vs Hessequa 

SONDAG 

Promosieliga

Melkhoutfontein vs Pioneers, NMMU vs Calitzdorp 

T20

Mossel Bay Stingray’s vs Heidelberg, Heidelberg vs Ladismith, Ladismith vs Mossel Bay Stingray’s 

REËN KELDER TWINTIG20 WEDSTRYD 

Die reën wat Sondag oor die Suid-Kaap uitgesak het, het meegebring dat die Twintig20 wedstryd in die Krieket Suid-Afrika Uitdaagreeks tussen SWD en KwaZulu Natal nie kon plaasvind. Nadat dit vroeg in die oggend begin reën het, het die skeidsregters die wedstryd om 13:15 afgelas. Beide spanne verdien nou twee wedstrydpunte omdat geen uitslag moontlik was.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →