Die Garden Route Ladies Circle wil graag ons volgende twee Kers projekte aan almal bekend stel. Soos julle weet is daar baie gesinne, en spesifiek kinders, wat hierdie fees seisoen nie geskenkies gaan kry nie.
Eerstens die GRLC Teddy Projek – ons benodig sagte- of enige ander speelgoed wat jou kind, kleinkind of skool nie meer gebruik nie. Ditkanoud of nuut wees. Ons het ‘n paar instansies aan wie ons hierdie speelgoed wil skenk en sal dit opreg waardeer indien julle onskankontak, sodat ons die sortering, toe draai en afleweing van dié speelgoedkanfinaliseer. Skakel gerus vir Bets by 083 251 6132 / Renelle by 072 187 2254.
Met die GRLC X-Mas Kids Projek beoog ons om 60 kinders van die iLungeo Lethu Speelskool in Thembalethu elkeen ‘n geskenk pakkie te gee. Die kinders is tussen 7 maande en 5 jaar oud. Die pakkie gaan gevul wees met onder andere die volgende items: Seep, waslappie, tandepaste, tandeborsel, kledingstukkie, lekkertjie en ‘n speelding. Die koste van hierdie pakkies word beraam op R50 elk. Indien u belangstel om een van hierdie pakkies te borg kontak gerus vir Elsje by 072 108 8668 / Elainne by 072 294 6180 of besoek ons webblad (www.gardenrouteladiescircle.co.za) om ‘n spesifieke pakkie te kies.
Ons algemene epos adres is info@gardenrouteladiescircle.co.za indien nodig.
Graag wil ons dan ook van hierdie geleentheid gebruik maak om aan almal wat ons tot dusver geondersteun het, ‘n groot dankie te sê! Met u hulp kon ons beslis ‘n verskil gemaak in baie mense te lewens.