Vat maar jou vleisie – Tim Noakes

Dis nou amptelik: ‘n Volvet- en vleis-dieët is gesonder as die laevet opsie. Dié standpunt van prof. Tim Noakes op Carte Blanche is deur produsente verwelkom.

Mnr. Hendrik van Zyl van die Oos-Kaapse tak van die NWKV en die RPO het op die afgelope jaarvergadering op Cradock ‘n beskrywingspunt in dié verband voorgehou. Dit is eenparig aanvaar.

Van Zyl het gesê die Oos Kaapse NWKV én RPO-takke aanvaar met dank die standpunt van Noakes, die bekende sportwetenskaplike, op Carte Blanche (18 Maart) dat ‘n volvet- en vleis dieët gesonder is as die laevet opsie.

‘Voordelig vir drie uit vier mense’

“Vanaf 1959 is aan verbruikers voorgehou dat koolhidrate die voetstuk is van die voedselpiramide. Prof. Noakes het nou wetenskaplik bewys dat ‘n hoë proteïen dieët voordeligkanwees vir drie uit elke vier Suid-Afrikaners.

“Die vleis- en melkbedryf is vir jare verguis as produsente van ongesonde produkte. Klein kaasfabrieke en romerye moes hulle deure sluit a.g.v. die feit dat kunsmatige produkte, soos margarien en ander poli-onversadigde produkte, voorgehou is as die gesonder opsie.

“Rooivleisprodusente moes aanslae verduur van bewegings soos Meat Free Mondays wat hulle produk in ‘n slegte lig wil stel. Die produsente prys van hoë proteïen produkte is al die jare op hierdie manier onderdruk. Miljarde rande het vir die bedrywe verlore geraak a.g.v hierdie wanpersepsies.

“Dit is prysenswaardig dat ‘n wetenskaplike soos prof. Noakes na vorekankom en erken dat hulle verkeerd was.Ons hoop dat ander navorsers en wetenskaplikes sy voorbeeld sal volg,” het Van Zyl gesê.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →