Langkloof juig oor groot appel-oes

Die appel-oes in die Langkloofkanvanjaar die helfte groter wees en die beste oes die afgelope vyf jaar, sê mnr. André de Witt, voorsitter van die landbouvereniging Langkloof.

Volgens hom behoort gemiddeld 80 kratte appels per hektaar op die meer as 6 000 ha boorde in die Langkloof gepluk te word. Ook in die geval van somerpruime en pere wat reeds geoes is, was vanjaar se opbrengs tot 40% beter as verlede jaar.

Hy sê boere is verheug oor die goeie oes wat vir hulle sowat R700 miljoen op die buitelandse mark sal verdien.

“Dit is moeilik om ons boere se opgewondenheid en hoop vir die toekoms te beskryf. Die afgelope vyf jaar moes ons met oorstromings, opeenvolgende droogtes en ontydige ryp worstel. Nou lyk sake beter.

“Afgesien van die 12 500 heeltydse werkers in die bedryf, kon vanjaar ’n bykomende sowat 2 000 tydelike werkgeleenthede geskep word om te help met die insameling van ’n groter oes. Saam met hul afhanklikes beteken dit dat die landbou nou daagliks kos op die tafel van bykans 58 000 mense per dag hier sit.”

Benewens die appelboorde, is daar ook sowat 720 ha peerbome, 250 ha perskes en nektariens en 194 ha pruime in die kloof.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →