Trae aksie teen voëlgriep moet stop

Tyd moenie gemors word met die allerlei vertolkings van toetsuitslae voordat besluit word om besmette volstruise te slag nie, het me. Ellen Prins, ANC-LP, in die Wes-Kaapse wetgewer gesê.

Prins het in die debat oor die probleme in die bedryf genoem dat die Wes- Kaap gesien word dat hy traag is om die protokol vir die beskerming van volstruise in te stel. Met die uitbreking van die H5N2-virus by Oudtshoorn verlede jaar moes meer as 37 000 volstruise geslag word.

Vergoeding van R50,9 miljoen is aan boere betaal. Net toe dit blyk dat die bedryf weer op sy voete gaan kom, is die virus wéér op ’n plaas in die Klein-Karoo gevind.

Vertragings

Probleme met die bestryding van die siekte is glo weens geskille tussen twee departemente oor gewaande vertragings met vergoeding wat die slag van diere tot ’n stilstand gebring het.

Ingevolge die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) moet volstruise net op geregistreerde grond aangehou word. Prins het gesê die provinsie het egter besluit om net plase te registreer waar volstruise aangehou word vir slag. Dit sluit nie plase in waar voëls geteel, kuikens grootgemaak of diere afgerond word nie.

“Hierdie plase voldoen daarom nie aan die biovereistes soos in die protokol vir volstruise vervat of aan die voorskrifte van die veeartsenykundige prosedurele nota (VPN 04) nie. Dié nota is ’n voorvereiste vir die uitvoer van vleis na Europa.” Sy het benadruk dat die provinsie alle plase moet registreer sodat die vereistes stiptelik nagekomkanword.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →