Die SWD fietsryers het goed persteer op die SA baan kampioenskappe wat gehou is in Pietermaritzburg tussen die 26-30 April 2012.
Daar was 16 ryers, slegs drie ryers bo 18 jaar, wat die SWD verteenwoordig het en kon daarin slaag om nie minder nie as 32 medaljes los te ry, daarvan was 14 goud. By veskeie geleenthede het die ryers 4 de plekke behaal en ‘n brons medaljes met breukdele van sekondes gemis. Jaco Nel,‘n paraplegiese ryer kon ook daarin slaag om 3 goue medaljes te verower. In een van die afdelings, die junior “Team Pursuit” is beswaar aangeteken teen die uitslag en is die kanse goed dat dit suksesvol sal wees. Fietsry Suid Afrika ondersoek nog die uitslag. Dit sal die getal medaljes tot 36 verhoog.
Willie Marx, 74 jaar, ‘n 7 maal voormalige SA kampioen het weereens bewys dat hy vir niemand hoef terug te staan nie. Hy het 3 goue en ‘n silwer medalje verower en was ‘n inspirasie vir ons ontwikkelings ryers. Oom willie is wel bekend en is die eienaar van Willie Marx Cycles op George.

Na aafloop van die byeenkoms is SWD se span aangewys as die beste span by die byeenkoms. Die erkenning is nie net toegeken op grond van prestasies nie maar op grond van die ryers se gedrag, kleredrag, medaljes en transformasie. Wat hierdie prestasie merkwaardig maak is die feit dat die SWD nie ‘n baan het vir sy ryers om op te oefen nie, en is ook die enigste Provinsie wat nie ‘n baan het nie.

Ons moet baie dankie sê aan die Oudtshoorn Munisipaliteit en Oudtshoorn SANW se bydrae, sonder hulle bystand sou die SWD span nie die byeenkom kon bywoon nie. Baie dankie ook aan die spanbestuurders Daclon en Lee Arries en Jade Gerber wat nie net die besige paaie moes trotseer die langnaweek nie maar ook verantwoordelik vir al die kinders moes neem en natuurlik hulle tyd wat hulle opgeoffer het, baie dankie.