Unieke spelpatroon gaan deurslag gee

GEORGE –  ‘n Unieke spelpatroon wat rondom die spelers se sterk punte gebou is, kan Vrydagaand  die deurslag gee wanneer die SWD Arende teen Grens Bulldogs op Outeniquapark uitdraf in die eerste Curriebekerwedstryd van die reeks.

“Ons is opgewonde oor die span. Ons is die afgelope maand deur ‘n kondisioneringsprogram en is tevrede met wat ons van ons spelers in die drie vriendskaplike wedstryde gesien het,” het hoofafrigter Johan Lerm die week gesê. Lerm word bygestaan deur Rynard van As (agterspelers) en Eddie Myners (voorspelers).

“Ons het vir die Vodacomreeks van klubspelers gebruik gemaak en om leemtes aan te vul het ons spelers gaan soek om ons span te versterk.” Kontrakte is gesluit met Wilhelm Koch (kaptein), Hans van Dyk (onderkaptein), Grant Kemp, Stokkies Hanekom, Theuns Kotze, Kurt Coleman en Sidney Tobias.

“Daar was ‘n definitiewe kopskuif na spaneenheid. Die span self het sewe leiers uit die  senior manne gekies wat die pas sal aangee op die veld.

“Die bestuurspan is positief en streef saam met die span na uitnemendheid. Ons het goeie werksetiek en dissipline en daar is ‘n nuwe professionaliteit. Dit gaan ‘n verskil op die veld maak.  Ons leuse is eerlikheid, respek en lojaliteit, op die veld en van die veld af.”

Hennie Baartman, president van die SWD Arende, het gese hy is vol vertroue dat die span goed gaan vaar in die Curriebekerreeks. “Die wedstryd wat ons teen WP, wenners van die Vodacomreeks gewen het, het vir ons gewys dat ons manne gereed is vir groot dinge. Hulle het hard gewerk in die vorige seisoen, hulle is topfiks en gefokus,” het Baartman gese.

“Ons het goeie manne wat met hart en siel wil speel en ons sien uit daarna dat hulle moet goed doen,” het hoof uitvoerende beampte Johan Prinsloo gese.

Die SWD Arende speel  Vrydag vir die eerste keer in hul moderne nuwe rugbytruie wat spesiaal vir die Curriebekerreeks ontwerp is.

Vir die eerste keer is daar ook ‘n afsonderlike veilige ruimte geskep  vanwaar ma’s met kinders die wedstrydkandophou.

Die wedstryd begin om19:00op Outeniquapark. Kaartjies is by die hek en vir die eerste keer by Computicket beskikbaar. Die hekke open om 15:00. SWD Arende se 0.21 speel teen Grens se 0.21’s in ‘n vriendskaplie wedstryd.

SWD Arende span: 15. Elrick van Vuuren 14. Clint Wagman 13.  Stokkies Hanekom 12. Jeff Taljaard 11. Alshaun Bock 10. Kurt Coleman 9. Johan Herbst 8. Michael Vermaak 7. Wilhelm Koch (Kapt) 6. Dumisane Meslane 5. Grant le Roux 4. Lehan Koekemoer 3. Grant Kemp 2. Hans van Dyk en 1. Jean Rossouw.

Reserwes:  16. Wayne Khan 17. DeanHopp 18. Giant Mtyanda 19. Shaun Raubenheimer 20. Mzo Dyantyi 21. Kempie Rautenbach en 22. Baldwin McBean.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →