Verskeie liefdadigheidsorganisasies het gebaat by die suksesvolle Vodacom George-kaasfees wat vanjaar vir die tiende keer deur die Laerskool Outeniqua in George aangebied is. Die 2012 Vodacom George-kaasfeeskomitee het op Donderdag 6 September 2012 skenkings aan verteenwoordiers van die organisasies in George oorhandig.
Die hoofborg, Vodacom, het vier liefdadigheidsinstansies, naamlik Heavenly Haven, Badisa, life Community Services and Phambile Refuge, genomineer en R40 000 beskikbaar gestel wat tussen hierdie instansies verdeel word. Danksy die wins van die EOH Gholfdag, kon Bethesda ‘n bedrag van R2 500 ontvang terwyl die Sportcentre Farmland Run ‘n bedrag van R2 500 aan Up With Downs oorhandig het. ‘n Bedrag van R1 500 is aan Gr8-tennisontwikkeling na afloop van die Gr-8-tennistoernooi oorhandig.
Mnr Smit, skoolhoof van Laerskool Outeniqua sê: “Laerskool Outeniqua bedank weereens die George- en Suid-Kaap gemeenskap wat die 2012 Kaasfees ondersteun het. Sonder ons wonderlike borge sou dit nie moontlik wees nie”.