GEORGE. Die polisie het ‘n 29-jarige man van Wolwedans naby Groot-Brakrivier aangekeer in verband met die moord op Ria Mills.
Die 65-jarige Mills is Saterdagaand in haar huis op die plaas Potsteel-hoogte doodgeskiet.
Die man is Sondag kort voor20:00baie naby aan die Wolwedansdam in hegtenis geneem.
Na verwagting sal daar vandag groter duidelikheid wees of hy regstreeks met die moord verbindkanword.
Die polisie wou nie gistermiddag kommentaar lewer op bewerings dat hulle op soek is na ‘n tweede verdagte nie.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gese daar is ‘aanduidings’ dat die man wat aangekeer is die polisiekanhelp met hul ondersoek. Die inhegtenisneming het gevolg nadat die ondersoekbeampte, ao. Sias Weyers, leidrade opgevolg het.
Dr. Neville Mills (66), die vermoorde se man, het gistermiddag aan Die Burger gese dit is ‘n donker tyd vir die familie.
Hy het Sondagaand op George aangekom en gaan Donderdag terug Centurion toe, waar ‘n gedenkdiens Vrydag om11:00in Irene vir sy vrou gehou word.
Na verneem word is die egpaar se seun, dr. Cival Mills, wat aan ‘n rolstoel gekluister is sedert ‘n motorongeluk sowat tien jaar gelede, tans inPretoria.
‘n Gedenkdiens sal aanstaande Dinsdag of Woensdag op die plaas gehou word waar Ria Mills gesterf het. Haar as sal daar gestrooi word.
Volgens Mills was sy vrou in die verlede baie betrokke by die politiek en toerisme.
Sy was onder meer sekretaris van die destydse Oos-Transvaalse Nasionale Party en het in die verband ook vir oudpres. F.W. de Klerk gehelp.
‘n Vriend van die familie, wat anoniem wil bly, het haar beskryf as besonders en geliefd. ‘Sy het mense baie gehelp en het plaaslik ook opheffingswerk gedoen.’
Chris McPhearson, stadsraadslid van Oudtshoorn, het gese hy is diep geskok. ‘Ria was ‘n baie bekwame mens en ‘n goeie organiseerder. Hy het Mills in 1979 in die politiek leer ken.
Michelle Pienaar berig dat die liefde van die ma vir haar seun duidelik te sien is in ‘n video wat op23 November 2010gemaak is. Dit was tydens Cival se eerste kunsuitstalling by die Universiteit van Johannesburg.
In ‘n deernisvolle toespraak het Mills beloof om al haar verlamde seun se werke te koop as niemand anders sou belang stel nie.
Cival ly aan inkluisingsindroom enkanslegs met een vinger kommunikeer. Dit is hierdie vinger waarmee hy skets.
Die video is by http://www.youtube.com/watch?v=wLhE695hjVw
– Die Burger