Hewige reën rig wyd skade aan

Reën en hael het die afgelope naweek skade in dele van die land aangerig, en groot kommer heers oor oeste in die Suid-Kaap.

Groot kommer bestaan oor die gars-, kanola- en koringoeste in die Suid-Kaap ná swaar reën verlede week en oor die naweek in dié deel voorgekom het. Tussen 75mm en 150mm se reën is gemeet. Mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, sê dit het vir sowat 10 dae lank sag in die omgewing gereën, en die gewasse het nooit kans gehad om af te droog nie.

“Opnames word nou gedoen om die volle impak van die skade te bepaal,” sê mnr. Johan du Toit, ’n boer van die Overberg. Hy sê hulle is onseker oor wat die skade aan die gars-oes in die omgewing gaan wees, want ’n deel van die oes is nog op die lande en ’n deel is reeds gestroop. “Reën dié tyd van die jaar is glad nie gewens nie. Die garspittekanbars of ditkanbegin uitloop.”

Oos-Kaap

Intussen is boere in die Gamtoos-vallei, Patensie, Alexandria, Grahamstown en Port Elizabeth ook besig met skadebepalings na reën van 200mm tot 300mm oor drie dae in die kusgebiede van die Oos-Kaap voorgekom het. Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê in dele is groot skade aan infrastruktuur aangerig. InAlexandriahet ’n brug weggespoel en verskeie paaie het ook verspoel.

Kyk hier na ‘n video van massas water wat deur ‘n Landbouweekblad-leser geneem is.

In die binneland van die Oos-Kaap het aansienlik minder reën geval, en Pringle sê boere in dié dele is baie dankbaar vir die reën.

In die Langkloof het tussen 100mm en 250mm reën sedert Vrydag, 19 Oktober 2012, geval. Mnr. André de Wit, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging, sê groot skade het nie voorgekom nie. “Die enigste groot skade wat aangemeld is, is van ’n boer van Joubertina wat haelskade aan sy vrugte-oes het.”

Hael

’n Erge haelstorm het die naweek ook dele van Gauteng getref. Mnr. Dirk Hanekom, hoof uitvoerende beampte van AgriGauteng, sê die grootste skade is in die Krugersdorp- en Tauton-omgewing aangemeld. “Die omvang van die skade is baie gelokaliseer, want die storm het kol-kol voorgekom. Dit wil egter voorkom of dit nie kritieke afmetings aanneem nie.”

’n Formele opname word ook tans in dié provinsie gedoen om skade te bepaal. Kyk hier na ‘n video van die enorme haelstorm wat Gauteng getref het.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →