Volstruisuitvoer dalk gou hervat

Volstruisboere buite die Wes-Kaapkanmoontlik Januarie 2013 die uitvoer van volstruisvleis na hervat.

Volstruisboere buite die Wes-Kaapkanmoontlik so vroeg as Januarie volgende jaar die uitvoer van volstruisvleis na die Europese Unie hervat. Dít net as die staande veterinêre komitee in Brussel dit op sy vergadering in November of op die laatste in Desember goedkeur.

Plase in die noordelike gebiede van die Oos-Kaap, die hele Noord-Kaap,Limpopoen die Vrystaat waar voëlgriep nog nooit voorgekom het nie en wat as “superkompartemente” gekeur word, sal dan ingevolge spesiale reëls mag uitvoer. Boere hoop dat die reëls binnekort opgestelkanword.

Wes-Kaapse volstruisboere sal egter nog ’n geruime tyd moet wag voor hulle weer aan vleisuitvoerkanmeedoen ten spyte daarvan dat nuwe uitbrekings nie in die jongste paar maande voorgekom het nie. Die bedryf het amper tot niet gegaan sedert die uitbreking van voëlgriep.

Volgens voorspellingskandaar in die boekjaar 2013/’14 tot so min as 90 000 voëls beskikbaar wees om geslag te word. Dit gaan die vellemark seermaak. Pryse is wel hoog, maar die aanbod is laag en boere vrees dat hulle hul markaandeel gaan verloor.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →