Bekendstelling van ‘n Internet Radiostasie vir almal wat die liefde vir ons Afrikaners en die Afrikanerkultuur weer wil laat opvlam met die uiteindelike doelwit ´kohesie onder ons mense. Engelsssprekende boere asook ’Ex-Pats’ waar hulle ookal in die wêreld mag wees, wil ons beriek, daarom ‘n internet radiostasie!
Een en almal word uitgenooi om deel te word van hierdie stasie wat nog in sy kinderskoene is. Ons doelwit is om soveel moontlik luisteraars te trek. Hierdie is geen konvensionele radiostasie nie. Ons gaan groei soos ons luistertalle groei. Hier kan ons interaktief met mekaar verkeer, waar in die wêreld ons onself ookal bevind!
´n Stasie wat begin is deur ons mense vir ons mense. Tans het ons elf (11) ‘DJ’s’ wat hul eie hardeware aangeskaf het en reeds vanuit verskeie lande uitsaai en hul doen dit vir die liefde van die saak. Ons passie is om ons mense weer te laat besef ons is werklik vry en niks en niemand kan van ons wegneem wat deur ons geskiedenis opgebou is nie – daarom Radio Vryheid.
Ten einde al ons mense dwarsoor die wêreld te bereik is ons oogmerk om vanaf oos na wes, soos die son oor die aardbol beweeg, uit te saai van en vir die betrokke lande en sodoende almal te bereik en hierdeur die Afrikaner-bande weer te versterk en te verenig. Die vervolmaking van hierdie doelwit en oogmerk, sal van Radio Vryheid ‘n voorloper en wenner maak. Voorlopers soos ons is en nog altyd was.
Skakels:
Net vir Rekenaar: (Speel op Media-Player of VLC Speler)
http://198.245.61.142:9998/listen.pls
Net vir BB en I phone en Nokia Radio:
http://198.245.61.142:9998/;listen.mp3
Kan ook op die web-werf luister by:
http://www.radio-vryheid.co.za/
Luister Op ShoutCast:
http://www.shoutcast.com/Internet-Radio/vryheid
Luister by TuneIn:
http://tunein.com/radio/Radio-Vryheid-s189886/
Kry jou VLC speler Hier:
http://www.videolan.org/vlc/index.html
Besoek ook ons ̓Facebook-bladsy’ by: https://www.facebook/RadioVryheid en raak direk betrokke by die radio-gemeenskap. Soek ook op Skype na radio.vryheid.