
‘n Groot eer het die SWD Krieketraad en die provinsie se Provinsiale Mini Krieket – koördineerder, Gary Moos, te beurt geval.
Moos is die afgelope week tesame met Charlotte Serwadi (Noordelikes) tydens die KFC Krieket Suid-Afrika Nasionale Seminaar wat by Polokwane in die Limpopo Provinsie plaasgevind het aangewys as die KFC Mini Krieket koördineerder van die jaar.
Volgens mnr. Rudy Claassen, President van die SWD Krieketraad is die provinsie baie trots op dié prestasie en vorm die mini krieketprogram, die basis van krieketontwikkeling. Mini-krieket word deur meer as 5000 spelers – waarvan ‘n 1000 dogters is – in die provinsie beoefen. Moos is reeds sedert 2003 by die program betrokke.