‘n Groot mylpaal is op 2 September 2013 gevier by die 100ste bestaansjaar seremonie van Alan Blyth-hospitaal. Minister van Gesondheid, Theuns Botha, asook ander topbestuur het die geleentheid bygewoon om deel uit te maak van die feesvieringe.
Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Theuns Botha het gese: “‘n Honderd jaar van dienslewering is ‘n groot mylpaal. Medisie asook die toepassing daarvan het aansienlik verbeter sedert die hospitaal sy deure vir die eerste keer in 1914 oopgemaak het. Al is hierdie een van ons kleiner hospitale in die Wes-Kaap is sy rol net so belangrik soos enige van ons ander hospitale en dit is om kwaliteit gesondheidsorg aan ons kliente te verskaf”
Alan Blyth-hospitaal het ‘n personeel kompliment van sestig. Daar is dertig beddens wat die volgende afdelings insluit: kraam, pediatrie, algemene sale en kangaroo- moedersorg. Bo en behalwe die gewone dienste wat die hospitaal bied besoek spesialiste van George-hospitaal ook van die pasiënte om vlak2 sorg te bied.
Die meeste pasiënte kom uit die omliggende Kannaland area wat Ladismith, Zoar, Amalienstein en Vanwyksdorp insluit. MIV/vigs, tuberkulose en chroniesee siektes soos diabetis en hipertensie is die algemeenste siektes wat voorkom. Klein bedgetalle en deeglik opgeleide en vriendelike personeel sorg vir ‘n unieke atmosfeer.
Geskiedenis
Alan Blyth-hospitaal, die destydse Cottage Hospitaal, geleë in die beskermende skaduwee van Towerkop en Elandsberg in Ladismith is in 1914 geopen. Dit het 800 pond gekos om die hospitaal te bou. Die hospitaal is beplan vir ‘n tropiese klimaat en is daarom in losstaande vleuels gebou, met net lanterns om lig te verskaf. Die eerste elektriese kragstasie is eers teen 1937s op die dorp aangebring. Die opening van die hospitaal in 1914 is waargeneem deur Sir Frederick de Waal. Die hospitaal is gebou en bedryf met fondse wat deur die gemeenskap ingesamel is en die Provinsie teen n gelyke bedrag gesubsidieër is. Oorspronklik was daar sewentien beddens, wat maar skraal beset was, grotendeels omdat dr Hoffman(die eerste mediese superintendent wat die pos tot op 61940 gevul het) in die begin alleen was en die mense van die omgewing die hospitaal gevrees het.
Dr Alan George Blyth ‘n kleinseun van Heinrich Becker het op 5 Julie 1934 in Ldismith aangekom om vir dr Dirk Van Velden Hoffman vir 5 jaar uit te help en bly toe aan vir amper 60 jaar.
Dr Blyth was die mediese superintendent van die hospitaal van 1940 tot en met 1993. Die hospitaaal is ook na hom vernoem. In 1952 , terwyl dr Blyth op ‘n studiebesoek in die buiteland was, het dr Johan Uys as aflos (locum )kom werk. Hy het ook daarna soos dr Blyth by die hospitaal aangebly en die gemeenskap van Ladismith tot sy afsterwe op 28 Junie 2003 gedien. Dr Jaco Denkema is as mediese superintendent in Februarie 2007 aangestel
‘n Geelhoutboom word geplant as deel van die seremonie.
