Kilometers van Pienk Hoop

estee-lauderSUID-AFRIKA (Oktober 2013) – “Telephone, Telegraph, Tell-A-Woman” was een van Estée Lauder se gunsteling gesegdes. Tydens die Pink Trees for Pauline inisiatief is dit presies wat gedoen is…mense van regoor Suid-Afrika en Namibië het daadwerklik die boodskap versprei van hierdie unieke fondsinsamelingsprojek.  55 Dorpe het begin om bome in die kenmerkende pienk material toe te draai en tans is daar meer as 170 000 bome wat geklee is in pienkl! Indien hierdie kilometres van pienk material telegrawe sou wees, sou die boodskap verseker gelees het “Liefde. Omgee. Aanvaarding. Kalmte. Hoop.”

Die oogmerk van Pink Trees for Pauline was om ‘n pro-aktiewe inisiatief op die been te bring wat langtermyn resultate te weeg bring wat vir ewig in die gedagtes en harte van almal wat betrokke is sal bly. Pink Trees for Pauline glo dat alle mense ‘n tweede kans verdien en dat hulle met respek en waardigheid hanteer moet word terwyl op hulle lewenspad. Met elke storie van hoop wat vertel word, word dit net bevestig dat Pink Trees for Pauline hulle doel uitleef…elke dag treetjie vir treetjie.

Estee Lauder Companie het onlangs sy vennootskap met die Pink Trees for Pauline inisiatief aangekondig.  Die 2013 tema vir die Borskanker Bewusmakingsprojek vir Borskanker Bewusmakingsmaand en die toekoms is “Kom Ons Oorwin Kanker, Saam is Ons Sterker”.   Dit is ‘n oproep tot aksie om publieke fokus te verskuif van bewuswording na toenemende aksie, ten einde ons nader te bring aan waar ons borskanker uitwis.  Die getuienisse vanuit kankergemeenskappe bevestig dat daar reeds aksie geneem word; mense gee om en reik uit na mekaar. Bome was toegedraai is in pienk langs paaie regoor Suid-Afrika en Namibië getuig onteenseglik hiervan.

Elke dag lewer meer verhale van hoop, omgee en liefde tussen gemeenskappe op. ‘n Uitroep om hulp vanuit Thaba’Nchu in die Vrystaat vir bystand vir ‘n enkel moeder (van Thaba’Nchu) wat eensaam en radeloos in Kaapstad was nadat haar 2 jaar oue babadogtertjie se oog wees kanker verwyder moes word, het weereens daarvan getuig net hoeveel kankergemeenskappe omgee vir mekaar. Een telefoonoproep later en ‘n kankerorganisasie het haar gaan bystaan.  Sonder die nodige befondsing kan kankerorganisasies nie die effektiewe bystand verleen nie…en dit is waar ‘n unieke fondsinsamelingsprojek soos Pink Trees for Pauline ‘n verskil kan maak.

Ook die hoop wat die fisiese toedraai van ‘n boom bring is hartroerend. ‘n Volwasse man het ‘n boom op sy sypaadjie na sononder toegedraai…en hy het getuig dat dit vir hom berusting gebring het oor sy moeder se afsterwe weens kanker.  ‘n Hartseer moeder het bevestig dat sy ‘n boom vir haar dogter, wat 5 jaar gelede aan kanker gesterf het, toegedraai het. Na die berusting wat kom na die hartseer kom daar HOOP dat die fondse wat ingesamel word deur die verkope van die pienk material verligting sal bring in kankergemeenskappe.

Helen Keller het gesê “The world is full of suffering.  It is also full of the overcoming of it.”  Op 18 Oktober 2013 sal die nasionale feesvieringe van die Pink Trees for Pauline inisiatief plaasvind.  Mense van oraloor sal dan die boodskap van hoop vier…van die oorwinning oor kanker…die LEWE!

Indien u meer inligting oor Pink Trees for Pauline benodig skakel Besturende Direkteur Adri van Nieuwenhuizen op +27 82 460 6386 of stuur epos aan adri@pt4pauline.co.za. Besoek ook facebook.com/PinkTreesForPauline vir die nuutste inligting.

Vir meer inligting:

Estée Lauder – www.esteelauder.co.za

Pink Trees for Pauline – www.pinktrees.co.za

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →