Opwindende nuwe tydskrif in die Tuinroete

loerieBleu Heaven Publishers publiseer eersdaags hulle nuwe tydskrif genaamd The Loerie magazine met Dr Willie Cilliers as gas Redakteur. ‘n Tydskrif in samewerking met die toerisme assosiasies, plaaslike regering asook die sakekamers van die Tuinroete. Bleu Heaven Publishers doen reeds langer as 3 jaar spesialis toerisme en besigheidstydskrifte. Elke area se tydskrif is uniek en word vir die spesifieke behoeftes van die gemeenskap gepubliseer.

Click here to view the proposed content

Die artikels is leersaam, vermaaklik, is propvol pragtige fotografie en stories oor die area. Ons hoor graag van u besigheid of ‘n storie van u area om as redaksie in die tydskrif te plaas. Lesers kan nuus oor die nuutste ontwikkelings, aktiwiteite, feeste sommer net kuier en koop, besigheidsprofiele asook prag-artikels oor die area geniet. Interaksie met lesers en adverteerders is ‘n hoeksteen van die tydskrif. Hierdie tydskrif word in die area versprei asook dan in ander verspreidings area en toerisme fokus punte. ‘n Elektroniese tydskrif word ook gepubliseer. Die tydskrif sal ook op ons webtuiste (www.bleuheaven.co.za) geplaas waar ons tans byna 10 000 “hits” per maand kry. Die elektroniese tydskrifte word ook op ander webtuistes geplaas waardeur optimale bemarking vir adverteerders verseker word. Daar kan ook n kombinasie bemarking gedoen word vir u webtuiste om n spesiale aanbod vir adverteerders te gee deurdat hulle in die tydskrif asook op die webtuiste adverteer. Die tydskrif kan ook volledig op u webtuiste geplaas word – redaksie kan apart met foto’s gekombineer word. Ons help ook om n “belangrike skakels” spasie te ontwerp om sodoende die adverteerders nog meer bemarking te gee.

Die tydskrif word op ‘n hoë kwaliteit papier gedruk en is hoë glans.

Click here to view advertising opportunities

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →