Groot belangstelling word Donderdag-middag op die REC in Oudtshoorn verwag wanneer die spanne van die SWD Arende en SWD Krieket mekaar pak in ‘n Twintig20 krieketwedstryd. Die spanne sal sake uitspook vir die Canon Friendship Cup.
Volgens Albertus Kennedy, die Hoof Uitvoerende Beampte van SWD Krieket, is dit die gebruik by verskeie provinsies waar daar gereeld tussen rugby en krieketspanne kragte gemeet word en was die onlangse wedstryd tussen die Protea’s en die Springbokke ‘n groot sukses. “Daar bestaan goeie bande tussen die twee federasies en hoewel ons mekaar behoorlik gaan aandurf op die krieketveld gaan daar ook ‘n goeie sosiale samekoms wees”, aldus Kennedy.
Om groot toeskouer belangstelling te lok word geen toegangsfooi gehef nie. Spel begin om 4nm en behoort tot 7nm te duur. Kroeg en braaifasiliteite sal beskikbaar wees.