Baartman herkies as SWD Rugby president

Hennie BaartmanHennie Baartman sal die Suidwestelike Distrikte vir nog vier jaar lei.

Baartman sal Saterdag op die unie se algemene jaarvergadering onbestrede herkies word. Dit is nadat Stag Cronje hom verrassend aan die vooraand van die verkiesing aan die wedloop onttrek het.

Die Vergadering vind Saterdag in George plaas..

Baartman is in 2010 na n onstuimige tydperk tot president verkies nadat hy n vurige verkiesingstyd teen adv. Faried Stemmet gewen het.

Baartman se adjunk-president, Ben Brinkhuis en sy junior vise-president, Virgi Braaf sal ook nie teengestaan word nie.

Baartman se : Vir ons is dit n positiewe stap in die regte rigting. Dis is ook bewys dat die klubs ons ondersteun. Ek wil die klubs bedank vir hul ondersteuning.

Ek en my bestuur belowe om die klubs met dieselfde passie en toewyding vir die volgende vier jaar te dien.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →