Die span se afrigter,Bevin Fortuin het gister bevestig.
In die kaap is daar vanjaar hoe verwagtinge van Allister Coetzee se span ,maar fortuin hulle sal daarop uit wees om n paar gebreke in sy mondering bloot te le.
Op 7 Februarie reis die Suid-kapenaars na Nuweland om voor n uitdagende Vodacombeker-seisoen weer litte los te maak teen die Stormers.
Op 20 Februarie speel die Arende op OuteniquaPark gasheer vir die Griekwas.
Fortuin se hoewel daar ook n sterk moontlikheid is dat die Arende, Uruguay in twee wedstryde sal pak is onderhandelinge nog aan die gang vir so n wedstryd.
As die wedstryde bevestig word,sal Fortuin hulle die Vodacombeker kompetisie deeglik voorbereid aanpak.
Die breier het bevestig dat hy sy kaptein vandeesweek aanwys. Onder die gunstelinge tel Elrich van Vuuren, Junior Bester, Zandre Jordaan en Christo du Plessis.
Van hulle is Van Vuuren die mees ervare,maar die ander se leierseienskappe is ook nie te versmaai nie.