Langenhoven Gymnasium wen Coca Cola Twintig20 reeks

Langenhoven Gimnasium is Vrydag op die REC in Oudtshoorn as SWD se wenner van die Coca Cola Twintig20 reeks gekroon toe hy Outeniqua met 4 paaltjies in die finaal geklop het. Outeniqua het Hoërskool Sentraal met 73 lopies in die halfeindrondte geklop om ‘n plek in die finaal te bespreek terwyl Langenhoven Gimnasium in die ander semi-finaal die Hoërskool Punt met 9 paaltjies verslaan het.

1

Die Gimmie-boulers het Outeniqua tot slegs 108/5 in hul kolfbeurt beperk met slegs Edrich van Rensburg (41; 33 balle, 2×6, 2×4) wat die wenspan se boulaanval kon baasraak. Goeie veldwerk het bygedra dat twee kolwers is uitgehardloop is terwyl Nevada Jacobs (2/9 in 4 beurte) uitstekend met die bal gevaar het.

2

Gimnasium het die wenteiken 112/6 (17.1 boulbeurte) met nog 17 balle oor bereik om die titel die tweede keer in ses jaar in te palm. Grant Esau (23; 28 balle, 1×6, 1×4) en Sheldon Deysel (29; 27 balle; 1×6, 3×4) was Gimmies se kolfhelde terwyl Jeaiah Davids (2/23) Kwagges se beste bouler was.

6

Gimmies sal die komende naweek in Oos London teen die wenners van die Oostelike Provinsie en Grens sake uitspook vir ‘n plek in die Nasionale Twintig 20 finale rondte.

5

Die telkaart is:

OUTENIQUA 108/5 (Neil Oudejans 19, Jaco Janse van Rensburg 19, Edrich van Rensburg 41, Nevada Jacobs 2/9) LANGENHOVEN GIMNASIUM 112/6 (Sheldon Deysel 29, Grant Esau 23, Francois Barnard 21) Langenhoven Gimnasium wen met 4 paaltjies.

7

Share Button
, ,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →