2 URE BAAN-EN-VELD ATLETIEKBYEENKOMS
DONDERDAG 12 FEBRUARIE 2015
U skool / klub word uitgenooi na genoemde byeenkoms wat aangebied sal word deur Coastline Athletics in samewerking met Atletiek SWD.
OLYMPIA SKOOL, PACALTSDORP – 15:30
Reëls:
- Atlete kan slegs vir 2 baan en 2 velditems inskryf, met die uitsondering van 800m en 1500m (kan meer atlete inskryf).
- Skole wat atlete inskryf moet asseblief ook beamptes saambring (kleredrag vlootblou broek en wit t-hemp).
- Beamptes moet om 15:00 aanmeld
- Atlete moet deur ‘n spanbestuurder vergesel word.
- R5.00 inskrywingsgeld per deelnemende atleet.
- Atlete se volle voorname, van en geboortedatum is uiters belangrik.
- Inskrywings asook beamptes se name moet voor of op Woensdag 11 Februarie 2015 gefaks word na 044-8730024
- Wedlope en tye sal aangepas word n.a.l. van die getal inskrywings per item
- Hierdie byeenkoms is ‘n ontwikkelings byeenkoms en atlete kry sodoende meer blootstelling aan kompetisies.
VIR MEER BESONDERHEDE – KONTAK ASSEBLIEF:
Joe Arendse 082 907 1296 / George Kock 083 651 5533 / Shireen Noble 083 319 1281
12 Feb – Coastline TF Meeting – Cover Letter