
Die SWD Arende en Griekwas kom Vrydag 19:00 op Outeniqua Park in George in n vriendskaplike wedstryd teen mekaar te staan.
Die wedstryd behoort meer duidelikheid te gee oor hoe die twee spanne vanjaar in die Vodacombeker-reek kan vaar.
Griekwas is vanjaar die eerste keer in die Suid afdeling van die reeks ingedeel nadat die span agt jaar in die Noord streek gespeel het.
Met kenia wat nie meer aan die reeks deelneem nie,speel Griekwas ,die Swd Arende,die Westelike Provinsie,die Sharks XV,die Oostelike Provinsie,die Boland Kavaliers,Grens en die Vrystaat nou in een afdeling.
Namibie is nou deel van die Noord Streek. Die Kompetisie begin 6 Maart vir die Noord Spanne.
Die Arende sal die tuisveld voordeel in hul eerste wedstryd in die reeks teen die Vrystaat geniet.
Die SWD Arende span wat Vrydagaand die Griekwas pak :
(15) Gerrit Smith
(14) Hentzwill Pedro
(13) Kirsten Heyns
(12) Ashwin Scott
(11) Daniel Roberts
(10) Leighton Eksteen
(9) Johan Steyn
(8) Lyndon Hartnick (Kaptein)
(7) Janneman Stander
(6) Buran Parks
(5) Grant le Roux
(4) Schalk Oelofse
(3) Nemo Roelofse
(2) Wayne Khan
(1) Juandre Digue
Plaasvervangers :
Brandon Booysen
Pieter Stemmit
Layle Delo
Mzwanele Zito
Peet Van der Walt
Junior Bester
Dwayne Kelly
Dillion Snell
Gerhard Nortier
Alshaun Bock