KAAPSTAD. – Die Sanlam Kanker Uitdaagreeks sal vanjaar ‘n nuwe fase betree wanneer die boodskap hard en duidelik oorgedra sal word dat ‘n vroee diagnose mense sal kan help in die stryd teen dié gevreesde siekte.
“Dit gaan ons mikpunt wees om daardie boodskap by een en elkeen van die gholftoernooie landwyd
wat aan die reeks deelneem oor te dra,” het Gary van Loggerenberg, bemarkingsbestuurder van die
projek, gesê.
“Statistieke wat van KANSA verkry is, dui daarop dat een uit elke vier mense kanker sal kry. Deur dit
vroeg te laat diagnoseer kan een uit elke drie mense dit oorwin. As in ag geneem word dat meer as
35 000 mense in sowat 800 klubkompetisies verlede jaar aan die Uitdaagreeks deelgeneem het, kan
‘n derde van die deelnemers ‘n goeie kans staan om die siekte vry te spring. Daardie boodskap gaan
ons baie duidelik en hard uitdra in vanjaar se kompetisie,” het hy gesê.
Vanjaar se klubkompetisies skop in Maart af en sal weer eindig met die nasionale eindtoernooi in
Oktober by Sun City waar die algehele kampioene in die verskillende afdelings gekroon sal word.
Die groot doelwit van die projek is om fondse in te samel om KANSA by te staan in sy stryd met
navorsing oor die gevreesde siekte. Verlede jaar is R3.4 miljoen ingesamel en sedert die projek in
1991 afgeskop het raak-raak die totale bedrag amper aan die R40 miljoen wat oor die jare ingesamel
is.
Ernie Els sal weer as die beskermheer van die projek optree en hy het gesê dit is ‘n voorreg om
daarmee verbind te wees. “Dit is vir my ‘n plesier om weer met die projek verbind te word. Dit is
uiters belangrik dat mense bewus gemaak word van kanker. Dit affekteer almal. Vriende en familie
word almal een of ander tyd daardeur geraak en met ‘n vroee diagnose kan baie hartseer en verdriet
gespaar word,” het die “Big Easy” gesê.
Els, wat naas Gary Player met sy nege Grand Slam titels saam met Bobby Locke vier van die Wêreld
se meeste gesogte titels verower het, het hom ook weer daartoe verbind om vir die wenners ‘n
onvergeetlike ondervinding te bewerkstellig met ‘n rondte gholf saam met hom en ‘n besoek aan sy
wynkelder.
Die klubkompetisies moet teen einde Julie afgehandel wees waarna die streekrondtes in die
verskillende provinsie in Augustus sal plaasvind.
Klubs kan aanlyn meer inligting bekom deur na die www.sanlamcancerchallenge.co.za skakel te
gaan.
Spelers en ondersteuners van die projek word ook aangemoedig om die Facebook blad van die reeks
by die volgende skakel https://www.facebook.com/SanlamCancerChallenge te gaan ondersteun waar
die mikpunt ook is om 10 000 volgelinge te kry.
Meer omtrent die Sanlam Kanker Uitdaagreeks
Sanlam en KANSA is in ‘n vennootskap met die Sanlam Kanker Uitdaagreeks sedert 1993. Die doel
van die hele projek is om aan die voorfront te veg in die stryd teen kanker en om ‘n diens te lewer aan almal wat reeds deur die gevreesde siekte geraak is en in die toekoms daarteen sal moet veg.
As een van die voorste rolspelers met kankernavorsing (meer as R4.5 miljoen word jaarliks hieraan
bestee), word die wetenskaplike bevindings en kennis wat hierdeur verkry word, gebruik om
gesondheidsprogramme aan te pas terwyl die rol as waghond tot voordeel van die algemene publiek hierdeur versterk.
KANSA maak gebruik van meer as 330 personeellede, 12 000 vrywilligers, 60 kantore asook 13
tussendtydse huise in die hoofsentrums waar toegang tot behandeling verkry word. ‘n Tolvrye (0800
22 66 22) kan ook geskakel word indien meer inligting van KANSA verlang word.
KANSA he took inligtingstukke beskikbaar in Engels, seSotho, isiZulu en Afrikaans. Vir meer inligting
besoek gerus www.cansa.org.za of skakel die tolvry nommer. Vir enige verdere korrespondensie kan ‘n e-pos ook aan info@cansa.org.za gestuur word.
Die hoofdoel van die Sanlam Kanker Uitdaagreeks is om fondse in te samel en die groter
bewusmaking van die gevreesde siekte te vestig. Meer as 40 000 spelers speel jaarliks in sowat 800 klubkompetisies om KANSA te help met die projek.
Nog meer inligting kan verkry word deur www.sanlamcancerchallenge.co.za ook te besoek.
*Vir enige verdere navrae kan Gary van Loggerenberg by Sanlam gekontak word.
Tel: 021-947-2887
e-pos: gary.vanloggerenberg@sanlam.co.za
Webtuiste: www.sanlamcancerchallenge.co.za.