Union Stars het Saterdag teen Mosselbaai te staan gekom in die eindtsryd van die Sedgars SWD 50 boulbeurte toernooi.
Mosselbaai het eerste gekolf en is vir ‘n skramele 50 lopies in slegs 29 boulbeurte uitgehaal.
Gurshwin Rabie het 2 paaltjies vir 7 lopies, Marcello Piedt 2 vir 3 en Douglas Baardman 2 vir 14 platgetrek.
Union Stars het die teiken met die verlies van een paaltjie verby gesteek en sy title behou.
cricket, sport