Hoe dan anders; die see maak mos branders …

untitledDie opvolgboek van Dalene de Bruyn Joubert se Plaasstories vir ‘ie siel is vanaf 17 April 2015 beskikbaar. La Bella sal vanaf Vrydag, 17 April, voorraad hê. 

In Dantjie word wys praat sy sommer uit die huis uit oor grootlieg en nog groter gelukkies. Want ná baie jare, wanneer party stemme stil geword het, is daar genoeg kans om jóú kant van die storie te kan býlas. En, as jy genoeg kanse kry, kan die storie dalk net beter uitdraai vorentoe?Want woorde kry lewe as dit by daardie goeie einde uitkom – soos die stories wys.

Deur haar woorde stal hierdie kontreikind ’n galery uit van die kontrei … mense … en gediertes wat haar gehelp “tryn” het. Dit is terugflitse soos bekende filmbeelde in haar binnewerke. Dit katrol die lesers ook in dat hulle nie net saamkuier nie, maar ook saamkarring en, wie weet, dalk self wys word. Dit kom met heelwat kiekies en oa 8 volkleur fotoblaaie.

Doen andersins navraag by jou naaste boekwinkel of bestel sommer direk by info@plaasstories.co.za.  

Dalene de Bruyn Joubert
dalene.joubert@gmail.com
082 647 9059
Skype: dalene.debruyn.joubert

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →