People Against Substance Abuse wil U graag uitnooi om deel te neem aan Tekkie Tax dag op 29 Mei 2015. Ons organisasie is ook nou ‘n begunstigde van hierdie landwye veldtog sedert verlede jaar. Hierdie veldtog het begin in 2013 en het altesame alreeds R7.2 miljoen ingesamel. Daar is 300 nasionale begunstigdes wat meer as 1500 organisasies verteenwoordig soos ons.
06 TTax 2015 Short & sweet – Afr
Ons wil U graag vra om ons asb te ondersteun deur van die plakkers te koop en te U Tekkies te dra op 29 Mei 2015. Verlede jaar het ons
R14 700 ontvang van hierdie veldtog op die einde van November 2014 en kon 130 skool leerders bereik gedurende die Desember vakansie en hierdie jaar mik ons om hierdie bedrag te verdubbel maar ons kan dit nie doen sonder u hulp nie.
Plakkers kos maar net R10 elk en U kan kies watter sektor U wil ondersteun, ons organisasie val onder “die Education” sector. Ons sal dit waardeer as U vir ons kan laat weet hoeveel plakkers ons vir U kan aflewer. Hieronder kan U sien hoe die plakkers lyk.