Trans Agulhas begin op 26 Desember 2015

trans-agulhasOP JULLE MERKE , GEREED, WEG…….

Die 28ste Trans Agulhas rubberboot uitdaging is gesond en die tafel is gedek vir ‘n skouspel hierdie jaar soos min.  Hierdie uitdaging wat beskou word as die moeilikste rubberboot uitdaging ter wereld op die oop see, het sy oorsprong gehad op 26 Desember 1988 en tot dusver was daar nog elke jaar ‘n byeenkoms. Die wegspring is by Plettenbergbaai op Maandag 28 Desember en die eerste bestemming is Santos strand by Mosselbaai.  Dinsdagoggend 29 Desember vertrek die bote weer na Stilbaai en daarvandaan op Woensdag 30 Desember na Struisbaai. Op Donderdag 31 Desember is dit die 2de laaste been na Gansbaai en Vrydag 1 Januarie breek die finale dag aan vanaf Gansbaai na die Strand – in totaal dan meer as 700km oor 5 tawwe dae!

‘n Splinternuwe kommittee was verkies tydens ‘n AJV van Club Agulhas, gehou op Saterdag 6 Junie 2015 by Swellendam en daar is ook dan nuwe idees in die pyplyne vir hierdie jaar se Trans Agulhas. Trio Events onder leiding van Marius Opperman en sy span was aangestel om te kyk na borgskappe, media, bemarking en aktivering. Daar kan nou aangekondig word dat Die Burger weer volstoom betrokke sal wees by hierdie jaar se uitdaging tesame met BOK Radio. Dit sal teweeg bring dat daar lekker lewendige aktiverings op die strande sal wees by elke eindpunt in die vorm van ‘n musiekverhoog waar Die Burger as deel van hulle 100 jarige bestaan ‘n Plusster kompetisie sal hou.  Daarmee saam sal daar ook ander kunstenaars elke dag wees wat optree op die mobiele strandverhoog. Die Burger sal ook ‘n 8 blad prag bylaag vrystel as deel van die koerant voor die wedren in aanvang neem en tydens die uitdaging sal daar elke dag ‘n fotoblad in Die Burger wees met fotos van die vorige dag se aksie. BOK Radio sal ook elke dag op die onderskeie strande aktiveer en ook regstreeks uitsaai vanaf 12h00 tot 16h00 daagliks en sorg vir
lekker vermaak op die strande. Daar word ook tans onderhandel met Supersport om betrokke te wees en verskeie TV nuuskanale en aktualiteits programme het ook belangstelling getoon om ook betrokke te wees.

Daar word ook hard gewerk agter die skerms om ‘n internasionale span te betrek by hierdie jaar se geleentheid. Trio Events is tans besig om verskeie borge te nader wat belangstelling getoon het om deel te raak van hierdie ongelooflike byeenkoms en en indien daar enigiemand is wat belangstel kan hulle gerus kontak maak met Marius Opperman by marius@ekspo.co.za of skakel hom by 082 570 5758. Alles oor die Trans Agulhas kan gesien word by www.trans-agulhas.co.za.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →