Lente is hier en wie is nie in ekstase oor nuwe groei en kleur na so n koue winter nie? Met Ina Scholtz Landscaping (ISL) as borg, deel ons die opwinding van n nuwe seisoen van kleur, sonskyn en nuwe groei met al die entoesiastiese sakelui van George en omgewing vir n vars uitkyk op bemarking.
In n lenteluim lui ISL ons besighede n nuwe blomseisoen binne. Kom stel jou besigheid more gratis bekend en geniet koffie saam met ons. Bemarkingsmateriaal is n voorvereiste.
Datum en tyd: Donderdag 3 September om 10:00
Plek: Outeniqua Palm Kwekery en Restaurant op die R102.
(Vanuit Yorkstr op ou lughawepad, sowat 3km met kwekery aan linkerhand op die kruising).
Ons sien jul graag daar.