Rugby Akademieweek wedstryd bepalings

eaglesDie nie-amptelike kampioen van die nasionale Akademie-week , die Westelike Provinsie sal volgende jaar se toernooi in Durban sy aanslag teen die Suidwestelike Distrikte begin.

Die Streeptruie was die afgelope ses jaar nog net in 2013 nie in die hoofwedstryd in aksie nie. Toe het SWD die Oostelike Provinsie met 32-7 in die hoofwedstryd geklop. Die WP het die Blou Bulle vanjaar met 36-24 in die eindstryd verslaan.

Vir die eerste keer sal die Akademieweek die selfde formaat as die Craven Week he , albie toernooie sal ook vir die eerste keer in dieselfde week in Durban aangebied word.

Die 2016 Bepalings vir die Nasionale Akademie-Week :

Eerste Day :

• Blou Valke teen SA LSOB
• Griffons-Platteland teen OP-Platteland
• Grens teen Griekwas-Platteland
• Goue Leeus teen Pumas
• Westelike Provinsie teen Suidwestelike Distrikte
• KwaZulu-Natal teen Griffons

Tweede Dag :

• Pumas-Platteland teen Grens-Platteland
• Limpopo Blou Bulle teen Luiperds
• Rooi Valke teen Namibie
• KwaZulu-Natal-Platteland teen Griekwas
• Vrystaat teen Boland
• Blou Bulle teen Oostelike Provinsie

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →