Die 48-jarige Deon Davids is pas as die nuwe hoofafrigter van die SWD Arende vir die 2016-seisoen aangestel.
Davids , wat aanvanklik deur die Sharks genader is om in die nuwe seisoen by hul rugbyakademie betrokke te raak , het n 3-jaar kontrak met die SWD gesluit.
Hy het die afgelope ses maande as direkteur van afrigting by die Arende waargeneem en die span vanjaar van die onderpunt van die puntelys tot na die eindstryd in die Curriebeker se Eersteliga gelei
Davids is reeds n kwarteeu as afrigter betrokke by die spel en hy kan n groot verskil maak wanneer hy in Januarie 2016 sy pos inneem. Sy bestuurspan sal waarskynlik ook eers in die nuwe jaar saamgestel word, maar in die stadium lyk dit of Darryl Coeries , wat die Arende se o.21-span vanjaar tot bekerglorie gelei het , in die binnebaan is om as hulpafrigter aangestel te word