
Die President van die Unie , Hennie Baartman het die versekering gister gegee.
Hoewel Davids as hoofafrigter van die Southern Kings vir die Superrugby-reeks aangestel is , bly hy aan as hoofafrigter van die Arende.
Davids word net vir sewe maande aan die Kings geleen.
“ Die President van SA Rugby , Oregan Hoskins het ons n paar dae gelede besoek en gevra of SWD bereid is om Davids in SA Rugby se belang af te staan.
“ Ons het dus in landsbelang ingestem om hom vry te stel. Deon keer in Augustus terug na ons , waarna hy sy taak as hoofafrigter sal voortsit.
Ons stel (vanaand) n nuwe afrigter aan wat vir sewe maande aan Davids moet rapporteer , het Baartman gese.
Aanvanklik is 53 aansoeke vir die pos ontvang , maar die kortlys is na vier verminder.
Met Davids tydelik weg , word die ander drie kandidate vanaand teen mekaar opgeweeg.