Die Goue Leeus se haker Mark Pretorius het hom by die SWD-Arende aangesluit.
Sy skuif na die Suid-Kaap is Vrydag deur Deon Davids bevestig oomblikke voordat hy amptelik as die nuwe hoofafrigter van die Southern Kings aangekondig is.
Pretorius is n beweeglike speler met goeie hande. Sy vurige inklimspel behoort n groot aanwins vir die Arende te wees. Pretorius het Suid-Afrika in 2012 in die Junior Wereldbeker- toernooi verteenwoordig en was in die beginspan vir die eindstryd teen die All Blacks wat die Baba-Bokke geklop het.
Hy het in 2014 sy Superrugby-debuut teen die Reds gemaak.
Pretorius het ook die Leeus in vanjaar se Curriebeker-kompetisie verteenwoordig.