Abe Davids aangestel as waarnemende afrigter

Abe Davids
Abe Davids

Abe Davids is Dinsdagaand aangestel as die SWD-Arende se waarnemende afrigter

Die voormalige breier van die Boland-Kavaliers sal die Suid-Kapenaars sewe maande afrig totdat Deon Davids se verpligtinge by die Southern Kings ten einde loop.

Hennie Baartman , SWD se President , se die besluit was eenparig.

“Abe gaan net sewe maande vir Deon instaan.

Hy sal in die tyd aan Deon moet rapporteer omdat hy (Deon) steeds ons hoofafrigter bly.

Hansie Graaff
Hansie Graaff

Abe het vir die pos aansoek gedoen nadat Boland hom vroeer die seisoen afgedank het.

Baartman het ook bevestig die voormalige Blitsbok Darryl Coeries en Rynard van As is onderskeidelik as Hulpafrigter en spanbestuurder aangewys.

Hulle het elk n kontrak van twee jaar gekry.

Intussen het die veelsydige voormalige Sharks / Griffons en Kings speler Hansie Graaff hom by die Arende aangesluit.

Hy kan heelagter , senter en losskakel speel.

SWD het boonop die dienste van die Lions Haker Mark Pretorius gekry.

Baartman se nog n aanwins is die Leeus se Gideon Muller n voormalige SA o.20 stut.

“ Ons is nog op soek na n goeie nr.5 slot , voeg Baartman by.

Die Arende kan onder die ontevrede Kings-spelers dalk net so n speler kry.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →