SWD Arende pak WP op 30 Januarie

eaglesDie SWD-Arende kry reeds op 30 Januarie die kans om te wys of hul Curriebeker-doelwit op koers is.

Die Suid-kapenaars pak die Stormers dan in n oefenwedstryd op Outeniqua Park. Die afskop is 16:00.

Deon Davids het kort na sy aanstelling as SWD se hoofafrigter gese SWD se groot mikpunt is om vir die vergrote Curriebeker se Premierliga te kwalifiseer.

Dit beteken SWD moet na die eerste ronde onder die voorste nege spanne eindig.

Davids is egter ure daarna as hoofbreier van die Southern Kings aangewys.

Sy plek by die Arende word nou deur die voormalige Boland-afrigter Abe Davids ingeneem.

Die oud-kavalier sal dus reeds teen die Stormers sy troefkaarte wil wys.

Aanwinste soos Mark Pretorius , Gideon Muller en Hansie Graaff sal almal kans kry om hul slag teen die Stormers te wys.

Pretorius is n voormalige haker van die leeus , terwyl Muller (Leeus) vir die SA o.20 span stut gespeel het.

Graaff is n veelsydige agterspeler van OP-Kings.

Veral Graaff bied aan Abe Davids talle opsies , want hy kan as heelagter , senter en losskakel ingespan word.

Die verwagting is dat SWD vandag nog n aanwins of twee bekend sal maak.

Die Suid-Kapenaars is juis op soek na n baie goeie nr. 4-slot.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →