Lizanne Barnard: Three Shows

Hierdie pianis, fluitis, sangeres, lirieke/musiekskrywer en produksieskepper is musikant in murg en been. Lizanne Barnard (Helberg) behaal haar graad in B Mus Uitvoerende kuns onder leiding van Marian Friedman aan die Universiteit van Pretoria in 1988.

click to enlarge
click to enlarge

Lizanne Barnard BIO

Sy raak betrokke by die begeleiding v kabaretsangers en tree op in SA en Europa saam met o.a Helena Hettema, Evan Schoombie en Laurika Rauch.

Sy skop haar liedjieskryf- en sangloopbaan af op ‘n vroeȅ ouderdom en word in 1993 aangewys as algehele wenner asook wenner vd eie komposisie afdeling vir die ATKV CRESCENDO kompetisie.

Sy vorm deel vd duo MARIMBA! vanaf 1994 tot 2012. Die groep het veral bekendheid verwerf vir hulle bydrae tot kwaliteit Afrikaanse musiek en hulle toonsettings v gedigte deur bekende Afrikaanse digters.

Hulle stel vier albums vry en ontvang verskeie toekennings en nominasies onder andere ‘n Radio Artes toekenning en twee FNB/SAMA nominasies.

Lizanne was grootendeels verantwoordelik vir die musiek klankbaan van die bekroonde verhoogproduksie UIT DIE BLOUTE waarin die werk van Eugene Marais vereer was en het staande ovasies reg deur die land uitgelok. Die produksie het ‘n Herrie toekenning verower vir die “Mees Innoverende Produksie” by die KKNK in 1996.

Karl Trichardt, Petru Wessels, Annamart van der Merwe, Gys de Villiers en Elize Caywood is o.a van die akteurs wat in produksies betrokke was saam met Lizanne Barnard.

Na n tydperk v meer as 20 jaar begin sy nou met haar solo loopbaan as Lizanne Barnard en stel sy n debuut album vry getiteld “MIS VOOR DIE SON”. Die lootsingskonsert op 30 Oktober 2015 in die Centurionteater het ‘n sataande ovasie uitgelok en die album is as cd van die maand aangewys in die Januarie 2016 uitgawe van Rooi Rose.

Haar splinternuwe een-vrou vertoning wat ‘n intieme kykie bied in die werk en lewe van Ingrid Jonker, “POPPEMEESTER”, was op die program by die Foxwoodteater se kunstefees in Oktober 2015 en is ook met  ‘n staande ovasie ontvang .

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →