Die span van Glenwoord House het hul jaar reg begin deur hul avontuurervaring by SOLO Outdoor Experiences op De Hoek Bergoord aan die voet van die Swartberge beleef.

Hierdie geleentheid wat reeds jare lank plaasvind, skep die atmosfeer dat ervaringsleer en dit wat in die klaskamer moet gebeur, nie so ver van mekaar verwyder is as wat die oningeligdes sou dink nie.

Die oorlewing in die hedendaagse lewe is ‘n uitdaging wat deur die jong fasiliteerders van SOLO op ‘n praktiese manier aangebied word: Oorlewing in die veld met beperkte middele, grotkruip met flitslig en brugbou is enkele aktiwiteite wat om ‘n selfgemaakte kampvuur onder die sterre gereflekteer word ter voorbereiding vir die onbekende wat wag.

SOLO se diens wat deur jong skoolverlaters gekombineer met jarelange ervaring van meer as 18 jaar in die bedryf by De Hoek aangebied word, dek ‘n wye verskeidenheid van programme wat op die skoolkurrikulum maar ook op die korporatiewe mark gerig is.

Belangstellendes kan hul webwerf by www.soloadventures.co.za vir meer inligting besoek. SOLO bied ook hul dienste op voornemende kliënte se tuisdorp of ander venues aan.