Get your news on the Garden Route and Klein Karoo

The Gremlin news feeds are now available on the Garden Route and Klein Karoo App.

Graphic1This App will be used by all seven Municipalities that make up the Garden Route as a region and will, in future, be known as the Garden Route & Klein Karoo App.

The Tourism/Municipality regions are Kannaland, Mossel Bay, Hessequa, George, Pettenberg Bay (Bitou),  Oudtshoorn and Knysna.

For the first time there will be a marketing tool that will promote the whole area from Witsand to Plettenberg Bay and as far inland as Oudshoorn.

All the region’s Websites and social media structures will be working interactively with the App.

Just Update the version if you have already got the App on your Smartphone or device or  go to the landing page and download the App.

Eden Munisipaliteit het amptelik die stap geneem om die bestaande Southern Cape Hessequa App te neem en sy baadjie te verander.

Dit sal voortaan bekend staan as die ‘Garden Route & KK App’.

Die App skep nou die geleentheid vir die hele omgewing om as ‘n eenheid bemark te word, wêreld wyd, sowel as om te dien as ‘n daaglikse informasie App vir alle besighede en geleenthede in ons direkte omgewing. So sal die toeris in Europa kan sit en ‘n hele vakansie vanaf Witsand tot Plettenbergbaai kan beplan, bespreek selfs betaal (met sy eie “Bookings system” wat binnekort bygevoeg word)  asook sien watter aktiwiteite en gebeure in ons omgewing te doen en te sien is.

As gevolg van die sukses van die App en die wyse waarop Apps reeds wêreldwyd gebruik word , was dit duidelik vir Eden Munisipaliteit dat dit die voertuig  is om  die Garden Route as ‘n eenheid te bemark. Al die Munisipaliteite het ingekoop en sal die App voortaan as een van die bemarkings metodes gebruik word.

Soos duidelik uit die bestaan van die App vir net meer as ‘n jaar lank in Hessequa (Stilbaai en Riversdal omgewing) het dit bewys dat die  App baie gebruik word en suksesvol is.  Daar is huidiglik meer as 3500 permanente aflaaie en die App het meer as 46 000 gebruike deur hom. Hy het ook sowat 700 items wat reeds op hom verskyn. Dink net watter pragtige hulp en gebruiksartikel dit gaan wees oor ‘n kort tydperk van ‘n jaar of twee wanneer jy informasie van reg deur die Tuinroete kan bekom.  Dit sal ook die plaaslike sektore soos Besigheid of Akkommodasie eienaars instaat stel om altyd direk bereikbaar te wees in die gebruiker se sak.

Alhoewel van die Toerisme-streke aktiewe web-tuistes het,  gaan die App vir die eerste keer interaktief al hierdie streke saamvoeg en gesels met al die web-tuistes.

Die Garden Route en Klein Karoo sluit die volgende streke in: Hessequa, Kannaland, Mosselbaai, George, Knysna, Plettenbergbaai (Bitou) en Oudtshoorn.

Die huidige gebruiker hoef nie bekommerd te wees oor die veranderinge nie.  Daar sal aan hulle ‘n kennisgewing d.m.v  ‘n boodskap na hul slimfone gestuur word om net die vorige weergawe van die App op te dateer.

Soos jy vanaf Kaapstad gegroet word, net buite Heidelberg, met die woorde “The Explorers Garden Route” sal die App vir die eerste keer waarlik ons Hessequa dorpe soos Witsand of Stilbaai deel laat vorm van die Groter Garden Route, Suid Afrika en die wêreld.

Gaan opdateer net die bestaande App op jou slinfoon of gebruik die landings bladsy  en die App af.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →