George Burgemeester steun Suid-Kaap kinderkoor

Die Suid-Kaap Kinderkoor hoofdogter, Rolandi Strydom en Suid-Kaap Musiekakademielid, Buyiswa Matiwane en Jan-Erik Swart, dirigent van die koor, ontvang Sondag ‘n eretoekenning vir elkeen van die koorlede van Uitvoerende Burgemeester, Rdh. Charles Standers, in die vorm van prestasiesertifikate namens die George-Munisipaliteit.

01

Standers het ook ‘n tjek van R50 000 oorhandig aan die SKKK se nie-winsgewende bestuursliggaam ter bydrae tot koorontwikkeling in die minder gegoede gebiede.

Die koor het as cum laude-wenners by die 64ste Europees Muziekfestival voor de Jeugd in Neerpelt teruggekeer in die kategorie kinderkore.

Mnr. Pieter Pepler, Bestuurder in die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester, het namens die Burgemeester die bestuur en die koorlede bedank vir uitmuntende gehalte waarmee hulle hul kuns bemeester en elkeen bedank vir die besonderse goeie ambassadeurs wat hulle vir George en die land is.

Hy het benadruk dat hulle, die jeug, die geleentheid het om nou ‘n impak te maak in hul eie omstandighede en in hul omgewing.

Pepler het hulle bemoedig om nie toe te laat dat moeilike omstandighede hul van sukses weerhou nie.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →